Breinskade ná een seisoen by rugbyspelers waargeneem – studie

Lions teen die Rebels tydens die Superrugbyreeks.. (Foto: Twitter)

Nuwe navorsing deur die Universiteit van South Wales in Brittanje het gewys dat professionele rugbyspelers reeds ná een seisoen ʼn afname in die kognitiewe funksie van hul brein kan toon weens kopbeserings wat deur die loop van die spel opgedoen word.

Die studie, wat in die September‑uitgawe van die Journal of Experimental Physiology geplaas is, is gedoen deur ʼn professionele rugbyspan deur die loop van ʼn seisoen te volg en toetse voor, tydens en ná die seisoen op die spelers uit te voer.

Die rugbyspan neem deel aan die Verenigde Rugbykampioenskap – voorheen die Pro14 – en word nie by name in die studie genoem nie om spelers se identiteit te beskerm.

ʼn Verlies aan bloedvloei na die brein en ʼn afname in breinaktiwiteit is in dié tyd by alle spelers wat aan die studie deelgeneem het, waargeneem. Nie al hierdie spelers het harsingskudding opgedoen nie, daarom het die studie bevind dat nie net harsingskudding nie, maak ook herhaaldelike kontak wat deur die verloop van die spel opgedoen is, hierdie afname by spelers tot gevolg het.

Shane Williams, ʼn voormalige Lions‑ en Wallis-rugbyspeler, het self al verskeie kopbeserings opgedoen en het aan BBC gesê die risiko vir beserings word erger wanneer spelers moeg raak. Hy vra ook dat ʼn beperking geplaas word op “vars” spelers wat ander op die veld vervang omdat nuwe spelers verdere skade kan aanrig.

Wêreldrugby het die navorsing verwelkom en sê die liggaam het hom onlangs daartoe verbind om opnuut in spelers se welsyn te belê en nuwe navorsing oor harsingskudding te doen.

Sommige studies beweer dat rugbyspelers aan soveel as 11 000 kontakepisodes per seisoen blootgestel word. Ander studies wys dat soveel as 20% van harsingskuddinggevalle tydens oefening opgedoen word.

Prof. Damian Bailey, een van die outeurs van die studie, het aan CNN gesê die mate van breinskade wat spelers opdoen, word ook beïnvloed deur die posisie wat spelers speel, omdat voorryspelers byvoorbeeld aan meer kontakepisodes blootgestel word as agterryspelers.

Bailey sê hoewel die studie fokus op professionele spelers, dit ook op amateurspelers van toepassing kan wees. “Amateurspelers het meer tyd om te herstel en is ook nie so groot soos professionele spelers nie, maar hul duiktegniek is waarskynlik swakker as dié van professionele spelers, wat kan veroorsaak dat hulle makliker seerkry.”

Hy sê ook navorsers is oortuig dat dié nagevolge oor tyd kan vererger en selfs meer skade kan veroorsaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

piet ·

Rugby word al vir amper 150 jaar gespeel deur miljoene mense. A storm in a tea cup. Enige kontaksport kan enige besering te weeg bring.

Harley Davidson ·

Rugby in Suid-Afrika is besig om ‘n vinnige dood te sterf vir obvios reasons natuurlik so ek dink die probleem sal homself uitsorteer.

Hennie J ·

Daar het jy dit nou!!! Diskriminasie op grond van kleur in ons rugbygeledere het wel sy voordele. Ek wonder hoeveel wedstryde skeidsregter Berry gespeel het voordat hy die fluitjie opgeneem het!

pestilensie ·

Janee , sien dit op TV , ou rugby spelers , deesdae kometators , is nie so skerp. ???? Hulle wil net aan bokke se spelpatroon karing

tweeling ·

Die berig sê die spelers kan dit toon, nie dis bewys dat definitief so is nie. Studies word gewoonlik herhaal om herhaalbaarheid te bevestig, eenmalig sê nie veel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.