Brexit: Britte het dalk kopersberou

Die top vrae wat oor die EU gevra is ná die uitslag van die referendum.

Die top vrae wat oor die EU gevra is ná die uitslag van die referendum.

Die Business Insider sê dit wil voorkom of Britse kiesers dalk Brexit-kopersberou het nadat Brittanje Donderdag in ʼn referendum besluit het om die Europese Unie (EU) te verlaat.

Dit volg nadat Google kort ná die referendum bekend gemaak het die tweede grootste soekfrase is: “What is the EU?” [Wat is die EU?].

Nog ʼn gewilde soekfrase was: “What happens if we leave the EU?” [Wat gebeur as ons die EU verlaat?].

“Uit dié twee gewilde soekfrases blyk dit dat Britse kiesers nie presies seker was waarvoor hulle hul inlaat nie,” lui die berig.

Die finansiële markte het Vrydag skerp gereageer nadat Brittanje in ʼn referendum met ʼn klein meerderheid besluit het om (EU) te verlaat.

Altesaam 51,9% (17,410,742 stemme) Britte het gestem dat Brittanje die EU moet verlaat terwyl 48,1% (16,141,241 stemme) wou bly.

Europese markte het skerp gedaal ná die uitslag van die referendum. Die Britse eerste minister, David Cameron het intussen ook aangekondig dat hy aan die einde van Oktober uittree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ander Koos ·

Ai tog! Al die bohaai en agterna slimmigheid. Feit is meerderheid het gestem om te “brexit” , dit is mos demokrasie soos dit heeldag in ons kele afgedruk word. Of is hier ook nou weer dubbelle standaarde? Feit is die geldmag en nwo se planne is nou deurmekaar wat goeie ding is. Hierdie is ‘n keerpunt vir die wereld

Tim ·

Ek kan die waarde daarvan nogal insien. Die doel van so’ n proses is om aan elkeen die kans te gee om hul stem te laat tel. Hier is ‘n voorbeeld wat wys dat mense somtyds dan stem met geen idee wat die implikasie van hul stem is nie en hoe maklik mense val vir ander se stories. As jy nie die saak goed genoeg verstaan om jou eie mening te vorm nie moet eerder nie stem nie, dis onverantwoordelik. Laat my sommer aan die huidige situasie in SA dink…

Frank ·

Google is in die sak van NWO… Dié soekfrases klink na ‘n klomp twak.

Piet Pompies ·

Kyk, ek is geen Engeland ondersteuner nie maar dit was liplekker om die liberale geskarrel te sien na die tyd. Boonop is dit net so lekker om vir ‘n slag ‘n oorwinning vir patriotisme te aanskou, al was dit nou ook Britse patriotisme…

Jcwf ·

Hulle gaan nog baie meer kopersberou kry as die ekonomie gaan sink, maar uit is uit. Ons is gatvol van hulle.

JC ·

Ek stem afriforum moet referendum aan afrikaners stel wil ons onafhanklik wees binne n geografiese gebied- N-kaap en wes-kaap waar o.a. jou taal gerespekteer sal word en jy jou kan uitleef as BOER ( Afrikaner). Dit is die logiese ding om te doen al moet ons dan van vooraf begin saam met ons kleurling broers en susters! Orania het klaar die presedent geskep en sal daardie die grens wees. Ons het die reg op selfbeskikking i.g. Art 235 vd GW dan gebruik ons dit en verklaar onafhanklikheid in bg gebied voor dit te laat is!!

JC ·

Ek stem afriforum moet referendum aan afrikaners stel wil ons onafhanklik wees binne n geografiese gebied- N-kaap en wes-kaap waar o.a. jou taal gerespekteer sal word en jy jou kan uitleef as BOER ( Afrikaner). Dit is die logiese ding om te doen al moet ons dan van vooraf begin saam met ons kleurling broers en susters! Orania het klaar die presedent geskep en sal daardie die grens wees. Ons het die reg op selfbeskikking i.g. Art 235 vd GW dan gebruik ons dit en verklaar onafhanklikheid in bg gebied voor dit te laat is!En nee, ek is nie naief nie maar n geleerde persoon maar voel ek daar is nou nie meer n ander alternatief nie. Ons vat natuurlik dan al ons geld ook!

Therese van Schalkwyk ·

Dit gaan meer oor die verloorders wat nie die uitslag wil aanvaar nie, en nou d.m.v. ‘n petisie die spulletjie wil oorreed/dwing om oor te stem. Een “meningsvormer” het dit selfs “the dictatorship of the majority” genoem. Liewe land! Dit wil voorkom of demokrasie selfs in ‘n sg. Eerste Wêreldland nie behoorlik begryp word nie.

GJ de C K ·

Die eienaardige verskynsel van lib-dems is dat as die wêreld in hulle guns is, kom hulle só breed-denkend, verdraagsaam, akkommoderend en liefdevol voor; maar wanneer hulle besef die feite van die lewe verskil met hulle – dan wys hulle mens hoe nou-denkend, onverdraagsaam, kleinlik, haatvol en rigtingloos hulle eintlik is.

Piet Pompies ·

Puik gestel GJ de CK, ek stem volkome met jou saam. Daar is niks meer onverdraagsaam en ondemokraties as juis ‘n liberalis nie. Dis hoekom ek glo dat liberalisme ‘n verwoestende kanker is wat ordentlike samelewings vernietig.

Johannes ·

Ek dink weer nie ons Boere moet noodwendig “uit” nie maar eerder net begin terugvat wat ons s’n is.

christine ·

Verbaas my glad nie dat die Engelse nie n clue het wat Biexit is nie. Skielik lyk die Afrikaanse vyande minder. Nou vir die Indiers om ook hulle te trap uit die EU. Dan is ons taal veilig want GLO my die hele taal debakel kom van hierdie twee lande af. Dis juis hulle wat die swartmense so opstook teen Afrikaners. Kyk maar gerus as die matriek uitslae kom die hoeveelheid Afrikaner kinders teenoor Engelse kinders die slimkoppe het en die mense hou nie daarvan nie ons staan reg in hulle pad.

Jef ·

Die hele EU storie was vanaf die begin al n klug noudat Britanje uitgestap het kom die menere in Brussel agter dat hulle hul werk nie goed gedoen het nie en dat die res van die EU lande ook hulle vertroue in hulle verloor het.
Die EU met name Brussel is n broeines van korrupsie en selfverryking.

vermeende ·

Jip en die blanke in SA het post 92 berou, kan ons ook nou die ja/nee stem herhaal?

Die Britte het gestem om onfhngklik van die EU te wees maar dit is nie vir ons beskore nie.
Die Britte verdien elke moslem wat daar voet aan wal sit.

De La Rey ·

Boere!!?? Julle vat hierdie artikel oor Brexit en verander dit in ‘n “Afrikaners wil ‘n boerestaat he” JC, Marieka en Johannes. Asseblief hou julle kommentaar konsekwent.!!

Cherokee ·

De La Rey, jy klink asof jy aan kopersberou ly omdat jy in die 92-referendum ja gestem het.
Net soos daar niemand meer is wat ja gestem het nie sal die Engelse ook ontken dat hulle vir ‘uit’ gestem het.

Merkur ·

Ek stem saam met ‘Johannes’, ons moet eerder terugvat wat aan ons behoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.