Brexit: Ooreenkoms ‘binne ure’ verwag

Argieffoto (Foto: CHRIS J RATCLIFFE / AFP)

Gesprekke rakende die post-Brexit-handelsooreenkoms is op ’n mespunt en die Europese Unie (EU) sal na verwagting “binne enkele ure” ’n ooreenkoms met Brittanje sluit.

“Dis die oomblik van waarheid,” het die EU-onderhandelaar Michel Barnier Vrydag aan die Europese parlement gesê. “Ons het baie min tyd oor, net ’n paar uur om deur hierdie onderhandelinge te werk indien u wil hê dat ’n ooreenkoms op 1 Januarie in werking moet tree.”

Volgens Barnier word daar in dié stadium nog oor visserye geredekawel.

Britse maatskappye wat in ander gebiede handel dryf, sal in dié stadium hul regte ná Brexit behou hoewel vissers van die EU toegang tot sekere watergebiede sal verloor.

Michel Barnier (Foto: Olivier HOSLET / POOL / AFP)

“Ek dink nie dit sal regverdig of aanvaarbaar wees indien Europese vissers nie toegelaat word om toegang tot die [Britse] waters te hê nie,” het Barnier aan die parlement gesê.

Brittanje het hom op 31 Januarie vanjaar aan die EU onttrek hoewel hy die afgelope 11 maande steeds ekonomies deel van die EU gebly het hangende gesprekke rakende die post-Brexit-handelsooreenkoms. Brittanje sal egter om middernag op 31 Desember die EU heeltemal verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.