Brexit: Wetmakers verwerp May se ooreenkoms

Britse eerste minister Theresa May (29 Maart 2019) (Foto: House of Commons via AP)

Britse wetmakers het Vrydag die regering se Brexit-ooreenkoms vir ʼn derde keer verwerp.

Die House of Commons het 344-286 teen die ooreenkoms gestem wat tussen eerste minister Theresa May en die EU opgestel is.

Sakeondernemings het gewaarsku indien Brexit sonder ʼn ooreenkoms sal plaasvind, sal dit lei tot skerp tariefverhogings, opeenhopings by grensposte en ʼn tekort aan goedere.

May het gesê die uitslag van die stemmery hou “ernstige gevolge” in.

“Volgens die wet sal die Verenigde Koninkryk die Europese Unie op 12 April verlaat – dit is oor 14 dae,” het sy gesê. “Dit is nie genoeg tyd om saam te stem, wetgewing saam te stel en ʼn ooreenkoms te bereik nie. En tog het die Huis dit duidelik gestel dat hy nie sal toelaat dat die VK die EU verlaat sonder ʼn ooreenkoms nie. Ons sal nou moet besin oor ʼn alternatiewe pad vorentoe.”

As die ooreenkoms goedgekeur was, sou Brexit op 22 Mei plaasgevind het.

ʼn Noodberaad van EU-leiers is belê vir 10 April om te bepaal wat volgende moet gebeur. ʼn Beampte van die EU-kommissie het gesê die 27 oorblywende EU-lande is “ten volle voorbereid vir ʼn geen-ooreenkoms-scenario om middernag op 12 April”.

Pro-Brexit-ondersteuners neem deel aan die “March to Leave” in Londen (29 Maart 2019) (Foto: AP Photo/Matt Dunham)

Brittanje het in Junie 2016 gestem om uit die EU te tree en twee jaar later is die datum geskeduleer vir 29 Maart 2019. Britse politici het egter ʼn dooiepunt bereik oor Brexit: net soos die land is daar diegene wat die EU wil verlaat, diegene wat bande wil behou met die EU en diegene wat die besluit, om die EU te verlaat, wil omkeer.

Die EU het verlede week uitstel tot 22 Mei gegun as die ooreenkoms Vrydag goedgekeur sou word; of 12 April as ʼn ooreenkoms nie bereik kan word nie.

May het Woensdag aangekondig dat sy as eerste minister sal bedank sodra Brexit afgehandel is. Dit was ʼn laaste poging om ondersteuning te werf van LP’s vir haar EU-ooreenkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ben ·

In die geval van Suid Afrika en die Plaas moorde het Theresa May saam met CR gestem voordat sy haar van die feite vergewis het. ‘n Week daarna het die media hulle altwee verkeerd bewys. In die geval van Brexit lyk dit ook asof sy haar eie ding doen daarom die afkeuring van planne deur haar eie mense. Miskien moet hulle iemand met integriteit, asook bestudering van die ware belange kry om die Brexit saak te hanteer.

Judge Dredd ·

Baie spin – maar dit gaan nie oor om ‘n ooreenkoms te vind of nie(Harde brexit). – Want in der waarheid wil meerderheid parlement en besighede(Ruling Class) nie ‘n ooreenkoms vind nie.

Waaroor dit eintlik gaan is die eerste referendum waar die brexiteers gewen het, maar waarmee parlement(Ruling Class) nie mee saamstem – Theresa May moet verwyder word want sy durf se – “Brexit means Brexit” – so nou moet daar ‘n show opgesit word om die regmatige wil van die mense te blokkeer totdat hulle nog ‘n referendum kan afdwing waarby die meerderheid mense so moeg vir die hele storie / hopelik met genoegsame BBC propaganda sal besluit om maar tog nog deel van EU te bly. Hulle wil dit natuurlik nie te ooglopend doen nie.

Dis mos net Demokrasie as sekere mense wen.

Andreas ·

Jy praat so van referendum, en ons het in 1992 met ons probeerslag nie veel beter gevaar nie. Vandag wankel ons ekonomie oor die afgrond en die ANC is so korrup hulle weet nie wie hulle moet bedank nie, Gupta of Watson?

Melanie ·

Die ander 27 lande se verteenwoordigers kom 10 April bymekaar waar hulle sekere toegewings vir die VK sal aanbied wat hulle vroeer summier geweier het. Die britte sal die aanbod aanvaar en brexit sal dan onmiddelik voortgaan. May sal dan dadelik bedank.

Andreas ·

Daardie spul daar oorkant is toetentaal die kluts kwyt, geheel en al, hulle weet nou nie meer of hulle Arthur of Marther is nie.

Andreas ·

Ek dink die enigste ding wat die klomp daar oorkant van seker is, is dat hulle nog ‘n monargie het. Gaats …. is hulle?

John ·

… en as die Britte weer terug in die hande van die Duitse base is, gaan hulle wens hulle het ge-exit, want straf gaan hulle gestraf word. Vir eers gaan al die stoute immigrante soontoe gepos word.

johanII ·

Ek hoop skotland gaan die kaans aangryp om die VK te verlaat en Walis ook. Dan is die magtige imperialis wat so baie volke vernietig het finaal verby en kan hul spinnekop vlag begin verdwyn….sterkte aan die SAners, ek dink aan julle Boertjies daar oorkant tussen die Ingelse.

Theo ·

Stem saam, Great Britain sal dan gerediseer word tot Klein Engeland. Die wiel draai!

aj ·

Iewers gelees dat Engeland biljoene Euro tantieme, belastings ens. aan die EU sal moet oorbetaal in geval van ‘n ‘Brexit deal’.

Sonder ‘n “deal” hoef Engeland NIE die enorme bedrag te betaal nie.

Al die hype is propaganda om SONDER ‘n ‘deal’ uit te ‘crash’ … maar met die biljoene Euro veilig in die ‘kas’.?

‘Talk is cheap but MONEY buys whiskey …?

Andreas ·

Sy sou nie die roede in huise en skole laat nietig verklaar het nie. Net jammer hulle breek haar nou so af, nie soseer fisies nie, maar geestelik. Hartseer, maar so het Engeland ook met baie in die res van die wereld gedoen. Wie sal ooit Braveheart vergeet. Ek het tot op vandag nooit daai fliek klaar gekyk nie.

Werner ·

EK weet nie hoekom sukkel die lot so nie… watse deal? Hoekom moet daar ‘n deal wees met die EU? Just Go – ek is seker die britte het nie die res nodig nie, die geld sal praat so daar sal altyd “trade agreements” wees met die res van europa en die wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.