Brief vertel hoe boelies tiener dryf tot selfmoord

David Molak (heel links) saam met sy broers Chris en Cliff en hulle ma, Maurine. Foto: Facebook via Cliff Molak

David Molak (heel links) saam met sy broers Chris en Cliff en hulle ma, Maurine. Foto: Facebook via Cliff Molak

ʼn Brief waarin ʼn Amerikaanse man vertel hoe sy 16-jarige broer vir jare deur boelies afgeknou is voordat hy uiteindelik Maandag sy eie lewe geneem het, word tans wyd op sosiale media versprei.

Cliff Molak vertel in die brief, wat reeds meer as 20 000 keer op Facebook versprei is, hoe sy broer, David, vir jare onder kuberboelies deurgeloop het. Daily Mail berig David was so erg op skool geboelie dat hy twee keer vantevore probeer het om selfmoord te pleeg. Sy ouers het hom naderhand na ʼn private skool geskuif en vir berading gestuur, maar die boelies het hom steeds deur die internet gevolg oral waar hy gegaan het.

David se liggaam is Maandag op die erf van sy ouers se huis in San Antoinio, Texas, gevind waar hy glo homself gehang het.

“Ek het die pyn in David se oë gesien drie aande gelede toe sy nommer by ʼn boodskapgroep gevoeg is net sodat almal hom kon terg en hom twee minute later kon uitskop,” het Cliff geskryf. “Ek het direk daarna met hom gepraat en hom probeer troos, maar hy het my nie eers gehoor nie. Hy het net in die verte in gestaar vir omtrent ʼn uur. Ek kon sy pyn voel. Dit was ʼn tasbare pyn. Hy het nie eers die kontakbesonderhede gehad van enige van die agt persone wat die groep begin het nie. Dit is belangrik om te weet dat David vir baie lank hierdie soort mishandeling moes verduur.”

Cliff sê verder in sy brief dat die probleem by huishoudings en skoolstelsels lê waar daar nie genoeg klem op aanspreeklikheid en karakter geplaas word nie. “Die enigste manier om hierdie land en ons gemeenskappe te genees, is om die idee te aanvaar dat ons moet begin om karakter van die grondvlak af te bou anders sal ons samelewing nooit herstel nie,” het hy geskryf.

“Dit is my droom dat die genesing van hierdie nasie David se nalatenskap is. Help my asseblief om hierdie boodskap te versprei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Liewe lulu ·

So hartseer ~ kan voorstel dat dit wet moet wees dat jy op sekere ouderdom eers n foon mag besit watwou social media maar ons het so afhanklik geraak van die blerrie euwel ag ek het nie die regte woorde nie want boelies sal daar wees So jammer RIP boeta

Karel Sieta ·

Gaan my verstand te bowe dat as die internet vir jou ‘n probleem is ( deur boelies ens.) bly van dit af !! So maklik soos dit…. Jammer om te hoor iemand het hul lewe verloor terwyl daar so ‘n maklike oplossing was.

Berhalet Beukes ·

Besef jy wat roekelose, onnadenkende, hartelose kinders en selfs grootmense alles kwytraak en doen op die internet? Hoe kan jy só ‘n stelling maak? M.a.w, as mense jou op die internet teiken moet jý van die internet afbly en hulle kan aanhou waarmee hulle besig is? Sjoe, dis nou ‘n gebalanseerde sienswyse.

Amanda Wait ·

Karel, hoekom moes hy van die internet af bly oor boelies? Hy het net so ‘n reg soos hulle op die internet! Maar dit is wat kom van liefdeloosheid in die wêreld, g’n empatie nie, net haat. Jesus het mos gesê, in die laaste dae sal baie mense se liefde verkoel. :'(

Mag God sy familie vertroos. Dit is vreeslik hartseer.

DPJ ·

Reg Karel, As jy ‘n alkolis is bly jy weg van dit so eanvoudig soos dit is.
Al sê jou menslikreg jy mag dit gebruik. Jy weet wat gebeeur as jy dit aanhou gebruik.
Mag God die familie ryklik vertroos en die wonde genees.

Johann Marx ·

Ja, nee, DPJ…jy is reg. Hierdie situasie maak nie sin nie. Vir AGT ander mense om hom op ‘n groep te sit moes ten minste EEN van hulle sy kontakbesonderhede gehad het, of hom geken het, of ten minste van hom geweet het, of iets oor hom geweet het waarmee hulle die spot kan dryf. As jy in SA net beswaar maak oor mense wat op strande mors, en hulle self soos….uhmmm…mense gedra, word jy in die openbaar uitgehaal en gekruisig. Hoekom kan hierdie kuber-boelies nie ook uitgewys word nie? En hoekom selfmoord as ‘n opsie sien? As hy hierteen wou opstaan (soos wat sy broer nou wil doen met hierdie situasie) hoekom het hy dit nie lank terug al begin doen nie……want lewendig kon hy eerstehands teen hierdie euwel getuig, mense motiveer om dit te stop, en ander persone wat dieselfde ervaring het byeen bring om weerstand hierteen te bied, of ‘n oplossing vir die probleem te probeer vind. Hier was heel moontlik ‘n hele klomp ander faktore betrokke wat nie in die artikel uitgewys word nie. Dit bly egter ‘n tragedie…

Liewe lulu ·

Net soos wat daar n call sentrum vir childline is, kan daar nie ook n boelie-line geopen word nie?

E.K. ·

Liewe Lulu – enigste een wat regtig aan ‘n oplossing probeer dink. Dit mag dalk net werk. Maar ek is ‘n absolute voorstander daarvan dat boelies uitgewys MOET word en dat hul aandadig is aan iemand se dood. Johann Marx jy het GEEN idee hoe so persoon sukkel en alleen voel nie, vir jou om sommer net te sê “hoekom selfmoord pleeg” – jy moet liefs stilbly oor iets waarvan jy duidelik niks of baie min van weet of verstaan, nl die menslike psige. Elke mens reageer anders, ek is ook geboelie as kind en het my totaal onttrek en net alles en almal vermy en toe ek na ‘n ander skool toe is op ‘n later stadium het ek geblom. Maar elkeen reageer nie dieselfde dis amper asof jy die arme kind wil blameer omdat hy dit gedoen het. Nee wat man, skaam jou.

SNEL ·

Dis so hartseer, en ek hoor wat Karel sê, ek stem saam, hoekom goed lees as dit soos dolksteke in jou hart is, maar aan die ander kant is dit ook moeilik om in vandag se lewe waar alles om tegnologie draai n foon of ding net te los, en vir ouers is dit amper al belangrik dat jou kinders elkeen n foon het, sodat mens hulle oral in die hande kan kry en hulle jou. Mens dink altyd of hulle (die seun en ouers) nie eerder so of so moes gemaak het nie, maar ons weet nooit deur wat hulle al was en voorsorg wat getref is nie. Miskien het hy (David) probeer wegbly van sulke goed, maar het hy n onskuldige boodskap gekry wat hy oopgemaak het en toe die vieslike kommentaar gesien wat hom weer ontstel het en ou wonde oopgekrap het. Wat vreeslik is behalwe dat n familie in hartseer gehul is en dat n pragtige jong man sy lewe verloor het, is dat die klomp wat eintlik verantwoordelik was vir hierdie gevolg nooit eers gevang, skuldigbevind en gestraf gaan word nie. Sonder dat hulle n mes of geweer opgetel het, is hulle eintlik verantwoordelik vir moord en hulle loop skotvry rond en kan klaar hul volgende slagoffer teiken. Wens daar kan iets aan die cyber boelies gedoen word.

Schalk ·

Ai mense. Die kind het sekerlik die reg op n foon. Ken een van julle die volle agtergrond? Hy het dalk gesmag na aanvaarding, en in sy onskuld hulle bedoelings aanvaar. Om nou te se hy moes dit nooit gelees het nie is belaglik. Indien een van julle moet hoor daar word dinge van julle op die internet gese, sou julle nie ook maar gaan kyk wat dit is wat gese word nie? Kry n lewe!?!?

Liewe Lulu ·

Oeps ek sien daar is 2 van ons Liewe lulu
jip soos jul se as jy n alkolis is is daar teminste n plek waar jy kan gaan inboek maar nog nooit gehoor daar is n inrigting vir boelie slagoffers nie

Berhalet Beukes ·

Ek het en geduld of genade vir boelies nie en wens dat dit krimineel vervolg kan word! Verban hulle van sosiale media blaaie af! My hart breek vir hierdie familie want dis alles onnodig!

E.K. ·

Cliff – ek wens jy kon sien dat hier in verre Suid Afrika is mense wat jou – al is dit net met kommentaar op hierdie berig ondersteun. Ek hoop daai spul boelies voel baie goed, hulle is beslis aandadig aan moord en niks minder nie.

AmY ·

Boelies is die laagste skuim op hierdie aarde. Hulle is laer as die sleepsel wat ‘n slang agterlaat. Waarom het hulle nie kind uitgelos toe sy ouers hom na ‘n ander skool verskuif het nie?

Ek is ook geboelie op skool (verbaal) en die letsels bly virewig. Jy vergeet nooit wat daai boelies vir jou gesê of aan jou gedoen het nie.

Pouses was die ergte. Ek was bevrees dat ek hulle om elke hoek kon raakloop. Gelukkig was daar die mediasentrum daar, en ek kon pouses daar gaan ‘skuil’. Al het ek net ‘n boek gelees of ‘n koerant deurgeblaai. Ek was sonder maats, want wie wil nou maats wees met iemand wat geboelie word?

Boelies sal tot die einde van die aarde ‘n skrikbewind voer. Hulle sal nooit verdwyn nie.

Takkie Takuuza ·

Om die slagoffer van boelies met alkoholisme te vergelyk is verregaande om die minste te sê. En om die kind te blameer vir wat hy gedoen het net so. Baie jare se wysheid stop nie eers depressie se kloue nie, hoe nog minder ‘n stomme tiener. Ek verkyk my aan die kommentaar op hierdie blad, en om te dink dis groot mense wat so praat.

Sel ·

As jy nie self in die kloue van boelies vas gevang was nie sal jy nooit weet hoe dit voel om die dag van more te vrees nie. Ek was reg deur laerskool en höerskool geboelie. Pouses van trappe af gegooi, geslaan, in die sloot gegooi, met tasse gegooi en na skool was daar vir my buite die skool gewag. Ek het ook van skole verander maar mens kan nie van hierdie monsters vlug nie. My ma moes elke dag nuwe knope aan my hemde vaswerk. Sy het soveel keer met die hoof van die skool gepraat maar dit is beloftes op beloftes en niks het ooit verander nie. Ek was self ook op die selfmoord pad. Jy voel so min vir jouself dat jy geen uitweg sien nie. Hierdie jaar is my 10 jaar reunie en ek voel bang om dit by te woon. Maar tog ook trots want as ek vandag na daai boelies kyk het hul absoluut niks bereik deur boelies te wees nie. Ek voel eintlik jammer vir hulle.

EMK ·

Sel, GAAN na die reunie en vra hul sommer uit oor wat hul nou doen en dink aan iets lekekr snydends wat jy kan sê maar op so manier dat hul eers agterna besef wat jy gesê het. Klomp loosers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.