Brit wen Tour de France ‘n vierde keer

Chris Froome en sy seuntjie, Kellan. Foto: AP Photo/Christophe Ena

Die Brit Chris Froome het die Tour de France in Parys, Frankryk vir ‘n vierde keer gewen.

Reuters berig Froome het ʼn paar haakplekke gehad, maar was heeltyd in beheer oor die drie weke lange fietsren te danke aan sy uitstekende spanmaats van Team Sky wat hom beskerm het toe dit saak gemaak het. Dit het hom die kans gegun om ʼn verskil in die tydproewe te maak.

Die 32-jarige Brit, wat in Kenia gebore is, se algehele wentyd oor die 21 skofte was 83 uur, 55 minute en 16 sekondes. Hy het 54 sekondes voor Roberto Uran geëindig met Romain Bardet derde.

“Dit was die mees uitdagende toer nog. Ek wil hulde bring aan al die ryers vir hul sportmangees. Ons het hard saam gery en saam swaargekry,” het Froome gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bea

Moenie vergeet Froomey het in SA skool gegaan en studeer. Sy vrou is in Wallis gebore maar in SA groot geword. Froome is van Afrika! Is maar net n Brit in naam vir die kontrakte ??
Mooi so Chris! Dit was ‘n tawwe een maar so goed om te gekyk het.

gert

Nogal in Bloemfontein op St Andrews op skool vir n stadium!

Mari

Mooi so Chris van Kenya. Moenie ons eie Louise Meintjies vergeet nie. Mooi gedaan.

Willem

As jy te vinnig na die foto kyk lyk dit asof die ou baie harig is…

Therese van Schalkwyk

Veels geluk aan Chris Froome met sy 4de titel! Welverdiend, loshande die beste ryer op toer! Die feit dat Froome sonder kunsmatige hulp lag-lag reeds vier titels kon losry, laat ‘n mens tog ‘n bietjie wonder of Lance Armstrong dan werklik so erg ‘opgekikker’ was in ‘n era waar menige ryers skuldig was. Dit blyk glad nie bo-menslik te wees om die Tour de France keer op keer te wen nie. Louis Meintjes in die 8ste plek, en tweede by die wittrui, is ‘n held! Sy tydtoets op die voorlaaste dag, waar hy presies dieselfde tyd as die draer van… Lees meer »