Brit wen Tour de France ‘n vierde keer

Chris Froome en sy seuntjie, Kellan. Foto: AP Photo/Christophe Ena

Die Brit Chris Froome het die Tour de France in Parys, Frankryk vir ‘n vierde keer gewen.

Reuters berig Froome het ʼn paar haakplekke gehad, maar was heeltyd in beheer oor die drie weke lange fietsren te danke aan sy uitstekende spanmaats van Team Sky wat hom beskerm het toe dit saak gemaak het. Dit het hom die kans gegun om ʼn verskil in die tydproewe te maak.

Die 32-jarige Brit, wat in Kenia gebore is, se algehele wentyd oor die 21 skofte was 83 uur, 55 minute en 16 sekondes. Hy het 54 sekondes voor Roberto Uran geëindig met Romain Bardet derde.

“Dit was die mees uitdagende toer nog. Ek wil hulde bring aan al die ryers vir hul sportmangees. Ons het hard saam gery en saam swaargekry,” het Froome gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bea ·

Moenie vergeet Froomey het in SA skool gegaan en studeer. Sy vrou is in Wallis gebore maar in SA groot geword. Froome is van Afrika! Is maar net n Brit in naam vir die kontrakte ??
Mooi so Chris! Dit was ‘n tawwe een maar so goed om te gekyk het.

Mari ·

Mooi so Chris van Kenya. Moenie ons eie Louise Meintjies vergeet nie. Mooi gedaan.

Willem ·

As jy te vinnig na die foto kyk lyk dit asof die ou baie harig is…

Therese van Schalkwyk ·

Veels geluk aan Chris Froome met sy 4de titel! Welverdiend, loshande die beste ryer op toer!

Die feit dat Froome sonder kunsmatige hulp lag-lag reeds vier titels kon losry, laat ‘n mens tog ‘n bietjie wonder of Lance Armstrong dan werklik so erg ‘opgekikker’ was in ‘n era waar menige ryers skuldig was. Dit blyk glad nie bo-menslik te wees om die Tour de France keer op keer te wen nie.

Louis Meintjes in die 8ste plek, en tweede by die wittrui, is ‘n held! Sy tydtoets op die voorlaaste dag, waar hy presies dieselfde tyd as die draer van die wittrui gery het, was puik! Groot prestasies wag in die toekoms.

Ai, nou moet ons weer ‘n hele jaar wag om in Frankryk te toer.

Basson ·

Sover ek weet het 4 bona fide SA-ners deelgeneem:
Louis Meintjes (8)
Deryl Impey (47)
Reinardt janse van Rensburg (118)
Jaco Venter (162)
Geluk manne!

Bejaarde fietsryer ·

Goed gedaan manne, trots op julle en ook aan al die fietsryers van ander lande wat deelgeneem het aan die mooi en beslis sware Tour de France.
Kan nie wag vir die volgende Tour nie, ek sit op die oomblik nog in Frankryk en gaan Donderdag rigting Wateringen ( Nederland ) waar die fietsryers (nie almal nie) gaan deelneem aan die ronde in die dorp.
n Mooi en gesellige afsluiting van die Tour de France vir almal.

Valerie ·

Het regtig nie geweet mense stel nog belang in die Tour de Drugs, of Tour de Farce nie. Net nog ‘n klug in die sportwêreld. Tot in tennis word daar gekul, en krieket, en atletiek.

Sjoe ·

Skip net die channel en berigte, dan is dit joug espaar. Ons wil dit baie graag sien, ons weet en verstaan al die harde werk, voorbereiding en wil hul ondersteun in hul keuse van werk en besig bly. Dit bly nog steeds beter as skinder, haat afguns.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.