ʼn Vlug van British Airways van Londen na Dubai moes 30 minute nadat dit opgestyg het, weer terugdraai.
Die vlieënier het glo die besluit geneem omdat bemanningslede besorg was dat ʼn onwelriekende toilet hul eie gesondheid en dié van die passasiers daar naby in gedrang kon bring.
Daar is aanvanklik vir die passasiers gesê hulle sou binne drie ure op ʼn volgende vlug wees, maar die vertraging het uiteindelik 15 ure lank geduur. Die lugredery het akkommodasie en kosbewyse aan die gestrande passasiers verskaf.
Lees ook: Daily Mail, Metro en Daily Record
Raadslid Abhishek Sachdev van Hertfordshire het sy misnoeë op Twitter uitgespreek:
Insane! Our BA flight to Dubai returned back to Heathrow because of a smelly poo in the toilet! 15hrs until next flight… #britishairways
— Abhishek Sachdev (@CllrAbhiSach) March 12, 2015
Dit is nou n str@nt storie, Word daar nie deeglike inspeksie gedoen voor opstyging nie, wat van die tydsverloop wat passasiers moet inboet. Geen werkstrots, swak.
Hulle moes kyk op die passasiers se paspoorte. Moontlik was n paar Suid Afrikaanse betogers op die vlug.