Britse aktrise Diana Rigg oorlede

Diana Rigg (Junie 2018) (Foto: Evan Agostini/Invision/AP, File)

Diana Rigg, ʼn Britse aktrise wat ʼn styl-ikoon geword het in die 1960’s as die geheime agent Emma Peel in die TV-reeks The Avengers, is oorlede. Sy was 82 jaar oud.

Rigg se agent, Simon Beresford, het gesê sy is Donderdagoggend in haar huis oorlede. Haar familie was by haar. Haar dogter Rachael Stirling het gesê sy is in Maart met kanker gediagnoseer.

Rigg het “die laaste paar maande vol vreugde nagedink oor haar buitengewone lewe, vol liefde, vrolikheid en ʼn diepe trots vir haar beroep. Ek kan nie sê hoe baie ek haar gaan mis nie,” het Stirling gesê.

Rigg het in The Avengers verskyn naas Patrick McNee se John Steed. Mens kon die twee altyd deur ʼn ring trek wanneer hulle in dié reeks, vol avontuur en humor, teen boewe baklei het.

Sy het in 1967 in die James Bond-fliek On Her Majesty’s Secret Service verskyn as die enigste vrou wat ooit met ʼn Agent 007 getrou het.

Game of Thrones-aanhangers sal haar herken as Olenna Tyrell. Sy was ook die hertogin van Buccleuch in Victoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fedup ·

My most favourite actress.
R.I.P my dear.
You will be missed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.