Britse diplomaat se liggaam by snelweg gevind

Rebecca Dykes. Foto: ANA.

Rebecca Dykes (30), ʼn program- en beleidsbestuurder by die Britse ambassade in Beiroet in Libanon, se liggaam is naby ʼn snelweg buite Beiroet aangetref nadat sy vermoedelik vermoor is.

Die Britse ministerie van buitelandse sake het Dykes se dood in ʼn verklaring bevestig, maar nie enige besonderhede rondom die voorval bekend gemaak nie.

“Ons is verpletter oor die verlies van ons geliefde Rebecca. Ons doen alles wat ons kan om te probeer verstaan wat gebeur het,” het Dykes se familie gesê.

Hugo Shorter, die Britse ambassadeur in Libanon, het getwiet: “Die hele ambassade is baie geskok en hartseer oor hierdie nuus.”

Libanon se interne veiligheidsmagte het Saterdag bevestig die liggaam van ʼn vrou, wat vermoedelik verwurg is, is langs ʼn snelweg buite Beiroet aangetref. ʼn Veiligheidsbron in Libanon het die vrou Sondag as Rebecca Dykes geïdentifiseer. Sy is glo ook seksueel aangerand.

ʼn Libanese taxibestuurder is Maandag in verband met haar moord in hegtenis geneem en word in Beiroet aangehou. Volgens berigte was die misdaad nie polities gemotiveerd nie.

Dykes is volgens haar LinkedIn-profiel al sedert Januarie vandeesjaar werksaam as program- en beleidsbestuurder by die departement van internasionale ontwikkeling. Sy het vroeër in Londen aan diplomatieke-programme gewerk wat verband hou met Irak en Libië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Monique ·

Tyd dat 1ste wêreld lande die 3rde wêreld lande eenkant skuif, daai ashoop lande moet self regkom.

LB ·

As ek die nuus so dophou met al die moorde en misdaad daagliks om ons, is ons ook een van die ashoop lande wat eenkant toe geskuif moet word…

Monique ·

Dalk is jy, ek is al vir 13jaar nie meer nie. Hoekom goeie burgers na lande stuur wat absoluut geen respek het vir enige iets lewend of dood nie. Dan moan hulle weer “help ons help ons” nee wat, almal vir hulself deesdae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.