Britse eerste minister bedank

Theresa May, Briton Brexit

Theresa May kondig haar bedanking as Britse premier buite 10 Downing Straat in Londen aan. [24 Mei 2019]. (Foto: Yui Mok/PA via AP)

Die Britse eerste minister, Theresa May, het pas haar bedanking aangekondig. Haar termyn eindig op Vrydag 7 Junie.

May het die aankondiging Vrydagoggend buite 10 Downing Street, die premierswoning in Londen, gedoen.

“Dit was die grootste eer van my lewe om dié pos te beklee wat ek binnekort sal verlaat. Die tweede vrouepremier, maar beslis nie die laaste een nie.

“Ek doen dit met geen kwade gevoelens nie, maar met enorme en blywende dankbaarheid vir die geleentheid wat ek gehad het om die land wat ek liefhet, te dien,” het ʼn emosionele May gesê voordat sy omgedraai en weggestap het.

May het gesê die feit dat sy Brexit nie kon afhandel nie, bly ʼn saak van “diepe berou”.

“Dit is in die beste belang van die land dat ʼn nuwe eerste minister nou die leiding neem,” het sy gesê.

Die BBC berig May is lank reeds onder groot druk om te bedank, veral ná die jongste uitval tussen haar en parlementslede van haar eie party oor haar jongste Brexit-plan.

Die parlement verwerp sedert Januarie die ooreenkoms rakende die Verenigde Koninkryk se onttrekking aan die Europese Unie, wat May reeds drie keer beding het.

Meer onlangse pogings om ʼn skikking wat vir almal aanvaarbaar is met die Arbeidersparty te bereik, het ook misluk.

May het in haar verklaring gesê sy het haar bes gedoen om die uitslag van die 2016-referendum oor Brittanje se onttrekking aan die EU, te respekteer.

Sy bly in haar pos aan tot 7 Junie waarna die proses om ʼn nuwe leier te verkies sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Charles ·

Yay !!!!!!!!!!
Boris Johnson hier kom ons! ..die Britse Trump : )
Die man het net sy tyd afgewag, maar waag ek voorspel Nigel Farage miskien? Mondwater “stuff” !!!
MAKE BRITAIN GREAT AGAIN !!

Ander Gert ·

Mens wonder onwillekeurig of hierdie ook ‘n skuif vanaf die Torries is om te red wat te redde is na hulle met May se droogmaak so baie veld teen Nigel Farage se Brexit Party verloor het.

Farage het al terreg uitgewys dat “Leave means leave!”

Judge Dredd ·

………..ek het julle mos gese dit gaan gebeur – alles deel van die ruling class se plan om die referendum keuse van die publiek om EU te verlaat te ondermyn.

HOBBO ·

Sorry ouens. Hierdie gaan meer oor Me May se geslag as oor haar bekwaamheid. Die Engelse, soos gewoonlik duld nie n vrou aan stuur van sake nie!!

Ella ·

Ja en ek ook. Sy het haar MAN gestaan vir n saak/taak wat sy nie eens deel van was.
Gaan geniet jou rus Mev May van die Establishment en die politiek.

Judge Dredd ·

Dit is bekend dat May nie Brexit gesteun het nie – hoe bevoeg sy is weet ek nie – maar ten minste wou sy probeer doen wat die referendum uitslag bepaal het – en vir dit het sy my respek.

Jozi ·

Die vrou het omtrent grys geword…
Ek sou al lankal my tassie gepak het as ek sy was!

Waarheid ·

Dankie tog sy is weg!
Nou gaan ou paddapot nie die miljoene kry wat sy hom beloof het nie!

Dries du Toit ·

Sulke dinge gebeur nie in SA nie. Sy het haar bes gedoen en toe sy nie slaag nie bedank sy. Hier klou hulle soos neute en moet met mag verwyder word. Respekteer haar vir dit alleen.

Martin ·

Een van die baie swak leiers wat die Britte gehad het. Nie eens ’n skadu van die ‘ystervrou’ Margaret Thatcher nie. Sy het meer skade aangerig met haar immigrasiebeleid van aanhoudende wangdraaiery vir militante Islam, as al haar voorgangers. Londen is in sy peetjie en sy het baie daartoe bygedra.

Dries du Toit ·

Spelling. Daar leer jy nou n dom ou iets. Ek sou liewer die vergelyking van klou soos $#@@ aan n wolkombers gebruik het maar dan was ek ook soos nou in die moeilikheid

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.