Britse koninklikes se trougebruike waarvan jy nie geweet het nie

Engeland se Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, kom by die Nottingham Academy in Nottingham, Engeland aan (1 Desember 2017). Foto: AP Photo/Frank Augstein

In teenstelling met die troue van koning George V en prinses Mary in 1893 is se koninklike troues soos dié van prins Harry en Meghan Markle eerskomende naweek deesdae ʼn openbare affêre wat selfs ekonomiese en politieke invloed het.

Derduisende mense gaan na verwagting Saterdag in die strate van Windsor saamdrom om ʼn blik op die pasgetroude paartjie te kry en net meer as 600 gaste – almal invloedryke wêreldleiers, koninklikes en bekendes – sal toekyk hoe die paartjie in die eg verbind word.

Dít in teenstelling met George en Mary se troue wat glo ʼn “stil affêre” was in die St. James-kapel waar skaars 100 gaste die seremonie kon bywoon.

Hoewel koninklike tradisies oor dekades en eeue heen verander of vernuwe het, is daar egter steeds sommige tradisies wat áltyd behoue sal bly. Die koninklike familie het onlangs, in afwagting op eerskomende naweek se troue net wes van Londen, sommige van dié tradisies met aanhangers gedeel.

  • Die trouringe van koningin Elizabeth (die koninginmoeder), Elizabeth II, prinses Margaret, prinses Anne en prinses Diana is almal gemaak uit dieselfde stuk goud wat in ʼn Walliese myn gemyn is. Daar is nog een gram goud van dié stuk oor wat deur die koningin se finansiële sekretaris bewaar word. Die besonderhede van prins Harry en Markle se ringe sal eers ná hul troue bekend gemaak word.
  • Talle koninklike bruide soos onder andere koningin Elizabeth II en Kate, die hertogin van Cambridge, het in die verlede ʼn takkie kalmoes in hul ruiker gedra. Hierdie tradisie het begin by koningin Victoria en Albert se oudste dogter, ook Victoria. Kalmoes verteenwoordig liefde, vrugbaarheid en onskuld en word al vir die laaste 170 jaar by Osborne House, koningin Victoria se vakansiehuis, gekweek.
  • Elizabeth, die koninginmoeder, het byna 100 jaar gelede ʼn tradisie begin toe sy tydens haar troue in die Westminster-abdy haar ruiker by die graf van die onbekende soldaat – ʼn grafsteen wat ongeïdentifiseerde soldate vereer wat in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het – neergelê het. Sy was die eerste koninklike bruid wat sonder ʼn ruiker na die kansel gestap het. Deesdae plaas koninklike bruide hul ruikers by die grafsteen wanneer hulle die abdy verlaat.
  • Die troue van koning Edward VII en koningin Alexandra in 1863 was die eerste koninklike troue wat gefotografeer is. In daardie tyd was foto’s heelwat anders as dié van vandag; monochroombeelde is met die hand ingekleur en het die voorkoms van ʼn skildery gehad.
  • Koningin Victoria het vir haar troue met prins Albert in 1840 nie ʼn tiara gedra nie, maar eerder blommekrans van lemoenbloeisels wat ʼn teken van maagdelikheid was. Lemoenbloeisels het hierna vir die egpaar spesiale betekenis gekry en Albert het dikwels vir haar juwele gegee wat dié bloeisels simboliseer. Victoria se uitrusting het hierna standaard troudag geword vir bruide soos prinses Alice, prinses Helena, prinses Beatrice en prinses Alexandra.

Elizabeth II se troue met prins Philip (Foto: Royal)

In ander koninklike nuus: Markle se pa, Thomas, het die tonge los op sosiale media ná berugte dat hy glo geld van die Britse paparazzi ontvang het om te poseer vir foto’s. In die foto’s kom dit voor asof Thomas besig is met die voorbereiding vir sy dogter se troue. Daar is ook foto’s wat wys hoe hy aanlynberigte oor prins Harry en Markle lees.

Thomas het volgens The Daily Mail betaling vir die foto’s ontvang. Dít ten spyte daarvan dat die Kensington-paleis vroeër die media versoek het om hom sy privaatheid te gun aangesien Thomas al voorheen uit Los Angeles na Mexiko gevlug het om “uit die kollig te bly”.

Die graf van die onbekende soldaat (Foto: Royal)

Bespiegelinge op sosiale media is dat Thomas dié foto’s wou laat neem om sy ondersteuning aan die koninklike troue te wys nadat die geelpers onlangs oor die verhouding tussen hom en Markle begin bespiegel het.

Die Kensington-paleis het nog nié ʼn verklaring uitgereik nie. Die jongste inligting van die paleis is dat Thomas hard besig met voorbereiding vir die troue dié naweek.

Bron: Royal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

christa ·

ek lees dat ‘n takkie Kalmoes in die ruiker is vir onskuld??? Al die koniklikes wat ek gesien het wat trou het almal eers saamgebly of saam weg met vakansie gegaan. Wat bedoel hulle met onskuld??

marous ·

Onskuld dat die wereld in gemors gedompel is want ons kon onmoontlik nie soveel skatte uit ‘n moddereiland opgaar nie….

Onskuldig ·

Ons koloniale meesters, wie ons volk verpletter het, kan mos nie skuldig wees nie.

ONSKULD ·

@Christa, Sommige mense het tog die selfbeheersing om saam iemand te woon en op vakansie te gaan sonder dat hulle mekaar hoef te bespring, dit dui op niks en die mensdom het al so eenvoudig geraak dat almal maklik aanneem wanneer jy en jou kerel of vriendin saam bly dat julle in sonde lewe, daar is tog nog self respek vir jouself en waardes van mens tot mens verskil, moenie veralgemeen nie!

VanAfrika ·

Diana was n maagd toe sy met Charles getroud is. Die koningklikes van vorige era’s was deur dokters ondersoek om seker te maak sy is n maagd voor sy die Prins kon trou. Geen voormalige mans mag n hand op die bruid gelê het nie, sy moes rein wees. Tradisie het eers na Diana verander. Lees voor julle aanmerkings maak want Diana het nerens alleen saam met Charles gegaan nie. Sy het n chaperone gehad as sy alleen saam met hom of enige ander man was.

Oom Kalahari ·

Hhhmmm……ja net invloedryke wereldleiers, koninklikes en bekendes as gaste. Dit gee alreeds ‘n prentjie, maar sterkte en beste wense met die huweliks booitjie.

anton ·

Wie gee nou werklik om oor die 2 se troue en wat hulle doen en nie doen nie!!!
Om eerlik te wees voel ek n veer oor enige iets wat in die UK gebeur en plaasvind.
Te danke aan hulle dat S.A vandag is waar hy is en dit is die harde / ware feite.
Met hierdie troue breek julle elkgeval die Britse konings huis stadig af.

charmaine ·

Onskuld? die aanstaande bruid was voorheen getroud so, daar is geen onskuld nie. En ja, wie gee om dis nie asof enigeen van hulle “onskuldig” is nie, neem nou maar vir “Perde gesig en haar haak neus” man. Al dra hulle die koninglike juwele of nie hulle knyp ook maar die “katjies” in die donker.

Anoniem ·

Die dubbele standaarde van die Rooinekke maak my woedend.

Prinses Diana moes ‘n maagd wees, maar wat van prins Charles?? As man kon hy maar kattemaai soos hy wou, voor én na hul huwelik…

As almal bietjie beter morele waardes gehad het, was die wêreld vandag ‘n beter plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.