Britse LP se moord as ‘terreuraanval’ ondersoek

(Foto: DANIEL SORABJI/AFP)

Die noodlottige mesaanval op die Britse LP David Amess (69) was ʼn terreurvoorval, het die polisie Saterdag gesê.

Amess, ʼn lid van die Konserwatiewe Party, het met kiesers vergader in ʼn kerk in die dorpie Leigh-on-Sea, oos van Londen, toe hy aangeval is.

ʼn 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die polisie ondersoek “ʼn moontlike motivering wat met Islamitiese ekstremisme verband hou”.

Volgens die polisie is die ondersoek nog in ʼn “baie vroeë stadium”. Die Britse media berig intussen die verdagte is ʼn Britse burger wat van Somalië afkomstig is.

The Sun berig die aanvaller het Amess verskeie kere met ʼn mes gesteek in die teenwoordigheid van twee vrouepersoneellede, waarna hy gesit en wag het dat die polisie opdaag.

Boris Johnson, premier van Brittanje, het Saterdag die toneel besoek om hulde te bring en het blommekranse buite die kerk neergelê.

Britse politici het met ongeloof op die jongste voorval reageer. Jo Cox is in 2016 dood nadat sy in haar kiesafdeling geskiet en met ʼn mes gesteek is in aanloop tot die Brexit-referendum.

Priti Patel, Britse minister van binnelandse sake, het die polisie opdrag gegee om al 650 LP’s se veiligheidsmaatreëls te hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lodewyk ·

Ja nou jare later begin EU die vrugte pluk van daai uitnodiging aan alle imegrante ,kyk wat gebeur in Frankryk,Duitsland en Britanje ,julle het nou daai islamitiese teroriste in julle gemeenskape in verwelkom…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.