Britse minister bedank oor ‘immigrasieskandaal’

Amber Rudd, die Britse minister van binnelandse sake, het bedank. Foto: Reuters

Amber Rudd, die Britse minister van binnelandse sake, het Sondagaand bedank.

Theresa May, die Britse eerste minister, se kantoor het bevestig Rudd se bedanking volg nadat sy na bewering die parlement mislei het oor die hantering van ʼn kwessie rakende die verwydering van onwettige immigrante.

“Die eerste minister het vanaand die bedanking van die minister van binnelandse sake aanvaar,” het ʼn woordvoerder van Downing Street gesê.

Lede van die opposisieparty het ʼn beroep op Rudd gedoen om te bedank nadat sy verlede week aan ʼn parlementêre komitee gesê het die regering het nie teikens vir die verwydering van onwettige immigrante nie, maar later erken het daar bestaan wel “plaaslike teikens”.

Rudd is deur die komitee gepols oor kwotas rakende die sogenaamde “Windrush”-generasie, die eerste groep Karibiese immigrante wat ná die Tweede Wêreldoorlog in die Verenigde Koninkryk aangekom het en nou as onwettige immigrante geag word.

Talle internasionale medialede het die voorval as ʼn “immigrasieskandaal” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Duitser ·

Blok daai immigrante hulle gaan julle land oorval en onregerend maak

Anton ·

Hierdie spesifieke geval gaan oor mense wat reeds dekades wettiglik in die VK woon en nou skielik gedeporteer word, van hulle het kinders en kleinkinders in die VK, almal daar gebore en burgers. n Skande wat die VK hier doen.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek lees so baie artikels met die opskrif “Hier is ‘n les te leer vir Afrika”!! Vir die eerste keer is hier ‘n “les te leer” vir Engeland…..Minister Rudd het hopeloos te gou bedank. As hierdie situasie in Afrika gebeur, byt jy vas, blameer almal om jou, ontken dat jy geweet het, speel siek as die parlement jou wil sien, en skuif uiteindelik Eskom toe met ‘n R30 miljoen pensioen uitbetaling………….waarvan jy OOK NIE geweet het nie!!

Oom Kalahari ·

@Johan, jou stelling is korrek. Immigrante stroom oral in en moet net aanvaar word en dan gebrur daar misdade wat hierdie elemente inbring. Uit Noord Afrika is daar derduisende wat vlug en uitwyk na ander lande, dan kom die groot vraag hoekom? Disfunktionele regerings, mag en geld en verdrukking van ander minderheids groepe. Ongemagdigde toestroming van immigrante wat net aanneem ander lande moet hul aanvaar en dan op alle vlakke vir hul welstand, behuising, medies, voedsel, ens druk toepas laat hierdie lande en regerings in ‘n posisie wat moeilik is. Natuurlik maak die hoofstroom media geweldige uitlatings wat die regerings van die dag dan verder onder druk plaas en die gemeenskappe met emosionele en jammerkry aksies laat. Hul sal al die swakste goed waarneem en aan die publiek opdis wat dan die jannie jammer houding inneem.

Hansie slim ·

Gemaskerde Sopbeen,
Jy vat die woorde uit my mond!!
Die OPPOSISIE het aanbeveel dat sy bedank en sy doen dit!!
In Afrika dwing jou eie party jou dan skop jy steeds vas en probeer terugkom nadat jy reeds uitgeskop is. Die verskil is natuurlik ook die “pay” wat hierdie manne nie wil verloor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.