Britse-partyleier in sop oor vriendin se uitlatings

Henry Bolton en Jo Marney. (Foto: Twitter/Jo Marney)

Henry Bolton, leier van die Ukip-party in Brittanje, word deur senior lede van sy party aangemoedig om te kies tussen sy leierskapspos en sy 25-jarige vriendin nadat sy glo rassistiese uitlatings gemaak het, onder meer oor prins Harry se verloofde, Meghan Markle.

Volgens Britse berigte het Jo Marney, ʼn model en ook ʼn lid van die Ukip-party, ʼn reeks boodskappe aan ʼn vriendin gestuur waarin sy aanstootlike uitlatings maak oor Markle en swart mense. Sy het glo gesê Markle “gaan die koninklike familie bederf met haar saad en die weg baan vir ʼn swart koning”.

Marney het later ʼn verklaring aan die Britse koerant The Mail uitgereik waarin sy gesê het sy vra “onvoorwaardelik” om verskoning vir die “skokkende taal” wat in die boodskappe gebruik is. Bolton het intussen glo sy verhouding met Marney beëindig.

Paul Oakden, voorsitter van Ukip, het gesê hy het besluit om Marney se lidmaatskap dadelik te beëindig nadat hy van die boodskappe te hore gekom het. “Die Ukip het nog nooit en sal nooit rassisme oorsien nie,” het Oakden Sondag aan The Mail gesê.

Peter Whittle, leier van Ukip se afvaardiging in die parlement, het gevra dat Marney geskors word vir die “afgryslike aanmerkings”.

Intussen het die Britse media berig Ben Walker, voormalige leier van Ukip, het gevra dat Bolton moet bedank en hom van ʼn diep gebrek aan oordeel beskuldig.

Bill Etheridge, wat in die Europese parlement as Ukip-lid dien, het op Twitter gevra dat Bolton moet bedank.

Prins Harry en Markle trou in Mei vanjaar. Die paartjie se verlowing word ten volle deur prins Harry se ouma, koningin Elizabeth, ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

anton ·

Die wêreld het mal geword!!!
Alles is deesdae rassime. Maar ALTYD net na een kant toe.
En dit maak nie saak of iets die heilige waarheid is nie.
Ek dink die meeste mense weet nie eers behoorlike om die woord te definieer nie.
Dit is soos n plaat wat vasgehaak het.

christa ·

het sy gelieg ? En wat gaan die mense oor n jaar of twee se as dit wel so was. Gaan hulle haar ook in die media onverskoning vra. Ek wens mense wil groot word en nie alles uit verband ruk en van ‘n muggie ‘n olifant maak nie.

PJC ·

Ek kan net dink hoe ontstig is hierdie hoog heilige spul Britte sodanig dat hulle heeltemal vergeet van hulle veelgeroemde “freedom of speech”. Iewers het hierdie jong dame duidelik ń baie gevoelige senuwee raak geboor.

Denise ·

Die waarheid maak altyd seer en vandag is dit taboe om die waarheid te praat leuns is wat die wereld op teer, en dit is die mense se ondergang !!!!!!

Sarel Strydom ·

Die kommentare? As jy opebare figuur is en jy beledig ander mense of (ras) moet jy die gevolge dra. Klaar.

Magda Weideman ·

Lyk vir my Jo Marney is maar net vrek afgunstig op Meghan Markle se vlekkelose skoonheid en sukses. En dalk omdat Megan die aantreklike prins se hart gewen het en syself sit met n ouman-politikus. Wel nou moet sy maar die prys betaal vir haar afguns – sy is nou in die sop (wat sy verdien) en sy is haar ou-man kwyt.
Afguns bring jou nêrens. Behalwe in die moeilikheid?
Megan Markle is ‘n pragtige, trotse en suksesvolle vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.