Britse polisiebeampte in elite-eenheid verdink van moord op vrou

Die plakkaat wat versprei is van die vermiste Sarah Everard

Die polisie in Londen het Vrydag ʼn kollega aangekla van ontvoering en moord, ure ná ʼn liggaam wat in bosland gevind is, uitgeken is as dié van ʼn vermiste vrou in ʼn hoëprofielsaak wat Brittanje geruk het.

Wayne Couzens (48), ʼn beampte in die Metropolitaanse polisie se elite-eenheid vir diplomatieke beskerming, word verdink van die moord op die 33-jarige Sarah Everard, ʼn bemarkingsbestuurder. Sy het die aand van 3 Maart verdwyn toe sy in die suide van Londen huis toe gestap het.

Couzens se inhegtenisneming ʼn week later het skokgolwe deur die Met en die breër publiek gestuur en woede is uitgespreek oor vroue se veiligheid.

“Gebaseer op bewyse deur die Metropolitaanse polisie wat betref die moord op Sarah Everard, het die CPS die polisie magtiging gegee om Wayne Couzens aan te kla van moord en ontvoering,” het Rosemary Ainslie van die Crown Prosecution Service, die nasionale eenheid vir openbare vervolging, in ʼn kort verklaring gesê.

Couzens is Dinsdag in Kent, in die suidooste van Engeland, waar hy woon en waar Everard se oorskot gevind is, in hegtenis geneem. Hy sal Saterdag in die Westminster magistraatshof verskyn. Die klagte kom ʼn paar uur ná polisie bevestig het die liggaam is uitgeken as dié van Everard.

Beamptes het onthul Couzens is Vrydag in die hospitaal opgeneem met ʼn kopbesering, ʼn dag ná hy vlugtig gehospitaliseer moes word vir ʼn soortgelyke besering wat opgedoen is terwyl hy “alleen was in sy sel”.

Die Independent Office for Police Conduct (IOPC), ʼn waghond wat polisieklagtes hanteer, ondersoek die Met se hantering van die saak, insluitend hoe Couzens beseer is. Die IOPC het gesê hy stel ook ondersoek in of Met-beamptes behoorlik opgetree het ná ʼn aanklag van onwelvoeglike ontbloting teen hom – ʼn paar dae voor Everard verdwyn het. Couzens het homself op 28 Februarie glo twee keer by ʼn kitskosrestaurant in die suide van Londen ontbloot.

Die polisie sê hul ondersoek duur voort en hulle “maak staat op die ervaring en vaardighede van honderde kollegas in die Met”.

Die saak het woede in die Verenigde Koninkryk uitgelok. Wetmaker Jess Phillips het Donderdag die name van 118 vroue en meisies in die parlement voorgelees wat verlede jaar in Brittanje deur mans vermoor is. “Vermoorde vroue is ʼn ding wat ons bloot aanvaar het as deel van ons daaglikse lewens,” het Phillips gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

capie ·

“die name van 118 vroue en meisies in die parlement voorgelees wat verlede jaar in Brittanje deur mans vermoor is” Wat sal dit in die nuwe vrye Suid Afrika wees, ‘n week?

Skyspy007 ·

WAT van die 27000 duisend vroue en kinders tydens die moord op ons mense hier???? Is of was dit ook deur SLEGS mans gepleeg? Lees bietjie hulle name ook asseblief.

Johanna ·

Ek is van mening dat die rol van seks heeltemal te hoog aangeslaan word in ons samelewing. Vandaar die agressie teen vroue. Sommige mans wil eis wat hulle nie toekom nie. TV en Internet dra daartoe by, want daar word nerens in films gesien dat vroue skottelgoed en wasgoed was en Stryk ens ens. Dit will waarlik voorkom asof vroue net daar is vir seks enige tyd enige plek. Dit is vêr verwyder van die werklikheid.
Moord op vroue en kinders is kommerwekkend en beslis n wereldwye pandemic. Dit is veral skrikwekkend om te sien hoeveel vermiste vroue en kinders daar bv in VSA alleen is.

pestilensie ·

Dink dat n film waar vrouens skottegoed was en stryk Sal n groot opskudding veroorsaak .

pestilensie ·

Janee , slaan hom tot by skuldig is , lyk my ons voorige heersers leer nou by ons , hulle voorige dienaars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.