Britse premier versoek vervroegde verkiesing

Theresa May, die Britse premier, spreek die media buite 10 Downing Street in Londen toe (22 Maart 2017). Foto: AP Photo

Theresa May, Britse premier, het Dinsdag ʼn vervroegde verkiesing versoek.

“Ek het pas ʼn vergadering van die kabinet gelei waar ons saamgestem het dat die regering ʼn algemene verkiesing op 8 Junie hou,” het sy aan media buite 10 Downing Street in Londen gesê.

Sy het gesê dit is nodig aangesien die land verenig, maar die parlement nie en sodat haar politieke opponente nie die Brexit-planne in die wiele kan ry nie.

Brittanje het in Maart vanjaar amptelik begin met die proses om die Europese Unie (EU) te verlaat met ʼn brief wat May aan die leiers van die handelsblok gestuur het.

Die brief kom byna nege maande nadat die Britte amptelik ten gunste van Brexit gestem het met ʼn meerderheid van 51,9%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.