Britse soldate glo “tot die dood toe marsjeer”

Argieffoto

Twee Britse soldate is tydens ʼn oefensessie oor die naweek, om as elite soldate aangestel te word, dood aan hitte-uitputting.

Die polisie en die ministerie van verdediging (MoD) ondersoek Saterdag se sterftes in die Brecon Beacons-bergreeks in die suide van Wallis, terwyl ʼn derde soldaat steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal behandel word.

Bronne van die leër het gesê die mans was lede van die Grensweermag, Brittanje se reservistemag, wat graag by die elite Spesiale Lugdiens (SAS)-regiment wou aansluit.

Die MoD wou nie mediaberigte bevestig dat die mans weens hitte-uitputting flou geval het terwyl hulle in 29.5 grade Celsius geoefen het nie. “In hierdie stadium kan ons niks uitsluit nie,” het ʼn woordvoerder van die MoD aan AFP gesê.

Lewendige ammunisie is glo nie in die voorval betrokke nie.

ʼn Beampte van die weermag het aan die Daily Mail gesê die soldate was desperaat om te bewys dat hulle by die SAS kan aansluit en het hulleself baie hard gedruk. “Daar gaan ʼn groot ondersoek wees, omdat dit op die oog af lyk of hulle tot die dood toe marsjeer is.”

Die Brecon Beacons word gereeld vir militêre opleidingsessies gebruik.

ʼn Kaptein van die weermag, wat glo ook by die SAS wou aansluit, is in Januarie op ʼn sneeubedekte berg in die Brecon Beacons aangetref.

ʼn Woordvoerder vir die MoD het egter gesê daar is tans, in die lig van die onlangste sterftes, geen planne om die “roetine oefeninge” in die berge te verander nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.