Britse waaghals in Dubai aangekeer oor wolkekrabber-pogings

James Kingston (Foto: YouTube)

James Kingston (Foto: YouTube)

ʼn Britse waaghals wat bekend is vir sy video’s waar hy wolkekrabbers klim, was in Dubai in aanhouding oor van sy onlangse pogings in dié stad.

James Kingston het Sondag aan die Associated Press gesê hy is aangehou en later vrygelaat, sonder om verdere besonderhede te gee. Hy het Saterdag op die internet gesê “vier agente het my uit my hotelkamer kom pluk”.

Die polisie in Dubai en amptenare van die Britse ambassade het nie dadelik reageer op versoeke vir kommentaar van AP nie. Die staatsbeheerde koerant Emarat Al Youm het egter aangedui brig.genl. Salem Khalifa al-Rumaithi van die polisie het bevestig hulle het Kingston “ontbied” oor sy onlangse pogings om wolkekrabbers te klim in die stad.

Al-Rumaithi het Kingston daarvan beskuldig dat hy vorige polisiewaarskuwings oor sy toertjies geïgnoreer het. Polisiebeamptes het hom in 2014 ook in hegtenis geneem toe hy ʼn wolkekrabber uitgeklim het.

Volg hom op YouTube
Hier is ‘n video wat Kingston twee weke vrygestel het oor ‘n poging in Dubai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willem de Klerk ·

As hy die land se wette oortree smyt hom in die tronk. Dis wat ons in ons land wil hê.

zahn ·

Wel, wat dink die fool, as jy landswette nie gaan gehoorsaam nie, gaan jy die gevolge moet dra. Dieselfde sou met hom in Londen gebeur het, so waaroor gaan die bohaai? Spoilt little brat, as jy my vra.

Schalk ·

Ek sal graag wil weet of die skrywer van die berig dit direk met Google vertaal het?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ongelooflik wat die jongmense nie alles sal doen sonder enige vrees of gevoel van nagevolge. Dis wonderlik om so vreesloos te wees, maar het die mannetjie ouers? En indien wel, is dit regverdig om hulle bloot te stel aan sy ongelooflike afvonture?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.