Brittanje het teen dan nuwe leier

David Cameron

David Cameron

Brittanje sal teen Woensdagaand ʼn nuwe premier hê en dis moontlik weer ʼn vrou.

David Cameron, eerste minister, het gesê hy sal Dinsdag met sy kabinet vergader voordat hy Woensdag met koningin Elizabeth II sal vergader om sy bedanking amptelik aan te kondig.

Theresa May sal Cameron volgens alle aanduidings opvolg. “Sy is sterk, bevoeg en sal my volle ondersteuning hê,” het Cameron gesê.

Cameron het te kenne gegee hy gaan bedank nadat Brittanje in ʼn referendum besluit het om die Europese Unie (EU) te verlaat.

Cameron het toe gesê hy sal bedank teen die tyd dat die Konserwatiewe Party se konferensie in Oktober gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wilhelm ·

Sterkte me May die aarde het mense soos jy nodig en nie lamsakke soos in SA en VSA nie. Kyk na jou inwoners soos die ou presidente van die VSA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.