Brittanje kry nog tyd vir Brexit

Die Franse president Emmanuel Macron groet Brittanje se eerste minister Theresa May voor die aanvang van die beraad. Foto: (AP Photo/Francois Mori)

Leiers van die Europese Unie en Brittanje het ingestem om Brexit tot 31 Oktober uit te stel.

Theresa May, die Britse eerste minister, het ʼn noodberaad in Brussel bygewoon waar sy leiers van die Europese Unie oor die Verenigde Koninkryk se jongste Brexit-planne ingelig het.

Brittanje was veronderstel om die EU Vrydag teen 11:00 te verlaat. Donald Tusk, president van die Europese Unie, het gesê die besluit om Brexit uit te stel beteken ʼn bykomende ses maande vir Brittanje om die beste moontlike oplossing te vind.

Brittanje kan egter voor 31 Oktober die EU verlaat indien ʼn ooreenkoms voor dié datum bereik kan word.

May het na die beraad gekom om uitstel te versoek tot minstens 30 Junie.

EU-leiers het verlede maand ingestem om die datum vir Brexit, soos daar na die onttrekking van Brittanje aan die EU verwys word, van 29 Maart tot 12 April uit te stel.

Donald Tusk, president van die EU, (links) in gesprek met Britse eerste minister Theresa May (middel) en Angela Merkel, Duitse bondskanselier. Foto: (Kenzo Tribouillard, Pool Photo via AP)

Die Europeërs sou verkies dat Engeland nie deelneem aan die Europese parlement se verkiesing van 23 tot 26 Mei as die land die unie gaan verlaat nie.

Die Britse laerhuis het aan die begin van die maand weer May se alternatiewe opsies vir ʼn Brexit-ooreenkoms verwerp.

Daar is oor vier mosies gestem om ʼn alternatief te kry om die EU te verlaat. Die opsies was onder meer dat Brittanje in ʼn doeane-unie met die EU bly en dat ʼn nuwe referendum gehou word.

May se Brexit-ooreenkoms is al drie keer vantevore verwerp. Britte het in Junie 2016 in ʼn referendum besluit of die Verenigde Koninkryk deel van die Europese Unie moet bly, of nie. Toe het 51,9% van die kiesers ten gunste van die onttrekking gestem en 48,1% teen onttrekking. Die Britse parlement het sedertdien – sonder sukses – probeer om ʼn ooreenkoms aan te gaan oor hóé die onttrekking gedoen moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

waarheid ·

Jip jy word aan jou ‘vriende’ geken, en Macron is seker een van die grootste ‘loosers’ in Europa saam met Merkel en May.

Annie Webb ·

Dit bly vir my onverstaanbaar dat mense leiers of enigiets in SA met dié in Europa of die VSA probeer vergelyk. Dis Afrika dié, vergelyk ons leiers met ander in Afrika. En as “Waarheid” kritiek lewer op Europese leiers is dit tog duidelik kritiek op hulle in hulle milieu. Die drie “M’e” is inderdaad op pad uit weens hul globalistiese ideologie, wat nie (meer) in pas is met die opkoms van nasionalisme/populisme in Europa nie. Dié drie leiers se globalistiese ideologie het hulle kiesers en lande eindelose probleme op die hals gehaal, grotendeels as gevolg van Derdewêreldse migrante wat oor die oop grense dié lande binnestroom. Die M’e het aan hul ideologie bly klou ten spyte daarvan dat dit duidelik die mense wat hulle ingestem het skade berokken. Hulle kan dus met reg swak leiers genoem word. Ons land se leier(s) voer beslis hulle kiesers se wil uit, soos demokrasie vereis. In daardie opsig is hulle dus eintlik “beter leiers” as die M’e. Dat hulle as Derdewêreldse leiers nie regeer soos ons Eerstewêreldse minderheid verkies nie, is weer ‘n heeltemal ander storie. Demokrasie vra dat die wil van die meerderheid geld. Die VSA is ook weer ‘n ander storie: hulle is ‘n sg. konstitusionele republiek wat weer leiers op ander maniere verkies. Mens moet maar versigtig wees om nie appels met pere of iets heeltemal anders te probeer vergelyk nie.

Nico K ·

Waarheid, jy sou jou ou skoene agterna gegooi het as ons ons een van daai leiers kon gehad het.

Annamarie Olivier ·

Dit is waar, daar is geen vergelyking.
Ek kan nie glo enige iemand in Suid Afrika het die vermetelheid om ander lande se leiers te beledig nie.

Carl ·

@ Annemarie Olivier en Nico K, as julle dink dat Merkel, Macron en May, wonderlike Presidente is, het julle beslis nie die gawe van onderskeiding ontvang nie en toon julle geen insig in internasionale politiek of dinamika nie. Moet dit asb nie so openlik reflekteer nie.

Ander Gert ·

Bitter vreemd hoe demokrasie daar werk: as die mense nie stem soos die politieke leiers wil hê hulle moet stem nie, moet hulle oor stem.

Leave means leave!

Judge Dredd ·

Korrek – maar die sirkus moet nog baie draaie en swaaie maak – dit moet nie te ooglopend wees dat die demokratiese reg van die kiesers ondermyn word.

John ·

… die liefdesverhouding is nie oor nie al sè wie wat. Sal jy skryf, of sms of kom kuier tog
gou weer… Ons verlang al klaar… mmmwa!

JS ·

Die Britte vat baie lank om iets te verlaat vrae maar vir SA en Indie.

Willie ·

They say, for the first time in the history, May might come to end before April

Andreas ·

As die foto hier bo Brexit uitbeeld, sal ek heeldag net wil Brexit. (is dit nou die nuwe woord daarvoor, ek meen nou dit wat hulle in die foto doen?)

Aha, en daar het ek ‘n nuwe betekenis aan die woord gegee wat gerus in hul woordeboek opgeneem kan word.

Andreas ·

En die verduideliking langs die woord se betekenis, moet soos John, hier bo, se kommentaar wees.

Nel ·

Ek haal my hoed af vir T May. Sy’s soos ‘n bulldog, laat nie sommer los as sy dink sy’s reg nie – al staan sy alleen wat haar standpunt aanbetref…

J ·

Mr Trump sal sy ogie hou dat alles smooth sal gaan met uitrede of behou Brixet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.