Britte hou ‘subvariant’ van Delta dop

Foto ter illustrasie van die koronavirus en Brittanje. (Foto: Oli SCARFF / AFP)

Brittanje monitor tans ’n “subvariant” van die hoogs aansteeklike Delta-variant van die koronavirus, wat onlangs in ál meer nuwe gevalle in dié land opgemerk is.

Dít terwyl inwoners van Brittanje klaarblyklik na Suid-Afrika wil stroom, nadat dié land onlangs van die sogenaamde Britse rooilys verwyder is.

’n Woordvoerder van die Britse eerste minister, Boris Johnson, het Dinsdag gesê die Britse regering hou die subvariant genaamd AY.4.2 “fyn dop”, hoewel daar nog geen daadwerklike bewyse is dat dit makliker as die Delta-variant versprei nie.

“Soos mense sou verwag, hou ons dit fyn dop en sal ons nie huiwer om stappe te doen indien nodig nie,” het Johnson se woordvoerder aan verslaggewers gesê.

Francois Balloux, professor in berekeningstelselbiologie aan die University College Londen (UCL), het die naweek op Twitter gesê vroeë data toon dat die subvariant 10% meer oordraagbaar kan wees as die tans mees algemene Delta-variant in die Verenigde Koninkryk, genaamd AY.4.

Volgens Balloux het AY.4.2 twee stekelmutasies wat in ander variante van die koronavirus voorkom. Die subvariant is vir die eerste keer in April verlede jaar onder die mikroskoop geplaas en is tot dusver selde buite Brittanje opgemerk, met slegs drie gevalle wat in die VSA aangemeld is.

“Aangesien AY.4.2 nog steeds op ’n redelik lae frekwensie is, sou dit net ’n klein toename in nuwe gevalle veroorsaak het, al is dit 10% meer aansteeklik.

“As sodanig kan dit nie verantwoordelik wees vir die onlangse toename in die aantal gevalle in die Verenigde Koninkryk nie,” het Balloux, direkteur van UCL se genetika-instituut, verduidelik.

Byna 50 000 nuwe gevalle is Maandag in Brittanje aangemeld, met meer as 1,4 miljoen aktiewe gevalle.

Kenners is egter nog nie juis bekommerd nie.

“Dit is nie ’n situasie wat vergelykbaar is met die opkoms van die Alpha- en Delta-variante nie, wat destyds veel meer oordraagbaar (50% of meer) as bestaande variante was. Ons het hier te doen met ’n moontlike klein toename in oordraagbaarheid wat nie ’n vergelykbare uitwerking op die pandemie sal hê nie.”

Intussen bly die algemene infeksiesyfers in Brittanje hardnekkig hoog, ondanks dié land se hoë inentingsyfer. Sommige wetenskaplikes het voorgestel dat sekere afsonderingsmaatreëls soos die dra van maskers binnenshuis weer ingestel word in ’n poging om die verspreiding van die virus te beperk.

Dít nadat afsonderingsmaatreëls in Julie oor die hele Brittanje opgehef is ná drie algehele inperkings.

Maroela Media het vroeër berig Virgin Atlantic het kort nadat Suid-Afrika van die Britse rooilys verwyder is, ’n toename van 150% in vlugbesprekings na Suid-Afrika aangemeld. Die besprekings is veral vir reise in November en Desember.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Jacob ·

50 000 nuwe gevalle, hoe wonderbaarlik doeltreffende kan ‘n entstof teen Covid 19 nie wees nie?

Brittanje het besluit teen die inenting van jonger mense anders was nuwe gevalle seker dubbled wat dit nou is. Moontlik gee die Britte so ‘n bietjie meer om vir hulle jeug en besef die voordele van natuurlike immuniteit, beter as ander lande. Of moontlik is hulle net eenvoudig meer verantwoordelik.

piet ·

Dis juis die jonger generasie wat nie ingeent is nie wat hierdie toeloop in hul hospitale tot gevolg het.

Jacob ·

Piet jou aanname is verkeerd. ‘n Publikasie van die US National Library of Medicine
National Institutes of Health van 30 September 2021 stel dit duidelik dat lande met die hoogste inentings persentasies, in sewe dae voor die genoemde datum, van die hoogste gevalle van Covid 19 per 1 miljoen het en dit is mense wat ten volle inge-ent is. Israel, volgens die publikasie het meer as 60% van hulle bevolking ten volle inge-ent, maar het in die 7 dae voor 30/09/2021 die hoogste Covid 19 gevalle ter wereld gehad. Brittanje wys dieselfde trant.

Ysland en Portugal met meer as 75% van hulle bevolkings ten volle inge-ent het meer gevalle van Covid 19 as Vietnam en Suid Afrika wat op genoemde datum sowat 10% van die bevolkings inge-ent het.

Ek sal baie graag ‘n skakel na die publikasie wou plaas, maar dit lyk of dit nie toegelaat word nie.

Ek sal aan niemand voorstel dat hulle moet inent of nie inent nie. My gevoel is egter dat ons baie meer vrae, baie dringend moet begin vra.

piet ·

Jacob jy bestudeer die data verkeerd. Wat jy moet doen is om die grafieke van voor die inentings met die van na die inentings noukeurig te vergelyk. Ek verwys veral na die VK se situasie, dis vanaf die delta variant sy verskyning gemaak het dat die jong oningeentes in massas ginfekteer word. So terloops – Israel het nie die hoogste getal Covid-gevalle ter wereld gehad nie, Ook het Israel gedurende Februarie ook meer gevalle gehad as gedurende September. Ek dink Februarie was hulle hoogste vlak ooit as ek reg onthou en toe gaan dit drasties of totdat die Delta variant toegeslaan het. Kyk maar.

Jacob ·

Piet lees asb die publikasie in die US National Library of Medicine National Institutes of Health van 30 September 2021. Dit is werklik insiggewend, dis saamgestel deur geloofwaardige ontleders en etlike ingeligtes oor Covid 19 verwys daarna. En dit word onderskryf deur die CDC.

Ek probeer nie om jou of enigiemand anders weg te praat van vax nie. Ek twyfel net en dit lyk al hoe meer onwaarskynlik dat kudde immuniteit haalbaar is met die entstowwe. Onthou dat variante van die 1918 griep nou nog met ons is, maar dit het endemies en redelik onskadelik geraak as gevolg van natuurlike immuniteit. Daar was nie entstowwe nie.

piet ·

Die punt is die situasie is beter na inentings as voor inentings (veral wat ernstige gevalle en sterftes betref). Al die wetenskaplike bewyse, data, grafieke ensovoorts dui daarop. Jy kan aanvoer dat die inentings dalk nie so effektief is om infeksies te keer as wat voorheen gehoop is nie maar om enigsins te beweer dat inentings die situasie vererger is twak en snert. Inentings het ‘n voordeel bo nie-inenting, dis bewys en dit is die bottom-line.

Alida ·

Jacob, na my mening is die rede vir die groter positiewe getalle in hierdie lande die feit dat bykans alle maatreëls soos sosiale afstand en maskers laat vaar is omdat die meeste mense ingeënt is. En ten spyte van hierdie hoë aantal positiewes, is die sterfevalle baie laag, wat eintlik die hele doel van die inentings is. Dit maak nie saak as die hele bevolking siek word al is hulle ingeënt nie – die belangrike ding is hoeveel van hulle land in die hospitaal en/of sterf. So het Israel bv. eergister slegs 11 sterftes gehad en Portugal slegs 3.

Jacob ·

Martie, presies en die Centre for Disease Control in die VSA rapporteer dat daar ‘n toename van 0.01% tot 9% in hospitalisasie van inge-ente mense tussen Januarie tot Mei 2021 was. In dieselfde tyd was daar ‘n toename van 0% tot 15.1% in sterftes onder mense wat ten volle inge-ent is.

Moontlik was ons so bietjie oorhaastig om die entstowwe net eenvoudig te aanvaar.

MakersMark ·

Soos gewoonlik interpreteer die anti vaxxers net gedeeltelik Van die begin van CV19 inentings is dit duidelik gemaak dat dat inentings nie 100% verhoed dat ‘n persoon siek word NIE maar 99 9% dat mense doodgaan of hospitaal toe sal gaan agv CV19. So wat jy insinueer dat inentings CV19 gevalle vermeerder is wêreldklas onsin. Die entstof is uiters effektief vir die doel waarvoor dit ontwerp is.

piet ·

MM – Al wat hulle moet doen is om die grafieke van die lande VOOR die inentings te vergelyk met NA DIE INENTINGS. Maar nou ja, dis mos nou te veel gevra.

Vernon ·

Net wat die SA regering wil hoor! Gaan weer Des die strande toemaak…..

Fritz ·

Net die hoof strande word toegemaak. Klein obskure strandjies bly oop. Net soos toe die provinsiale grense gesluit was. Daar was slegs padblokkades op die hoofpaaie, die agterpaadjies was oop. So as jy bereid is om moeite te doen, is dit baie maklik om wette te omseil.

Andrew ·

Gaan see toe voor “builders break” dan sal jy ok wees.

Andrew ·

As jy nie ge-ent is nie, gaan net jou bande na voor jy ry. Tol-hekke dra nie die virus oor nie. Jy kan taxi vat , nie seker of jy al daar n papiertjie moet wys nie.

Hennie ·

So hulle het ons op ‘n rooilys gehad maar het self meer as 1.4 miljoen aktiewe gevalle. Die logika ontgaan my.

piet ·

Hulle toets meer as ‘n miljoen mense per dag. Wat sou ons getalle wees as ons ‘n miljoen per dag toets?

Robert ·

Hoe meer aansteeklik hoe minder dodelik… dit is hoe ‘n virus muteer na ‘n gewone verkoue.

VaalDonkie ·

Ek sou reken hulle moes gestop het by die oues en sieklikes en die res laat aangaan het met hul lewens soos in Swede. Maar wat ookal. Daai skippie het lankal die hawe verlaat. Ons moet nou maar die beste ding doen gegewe die werklikheid van die situasie.

Rupert Ashford ·

Die komende winter in die noordelike halfrond gaan vir ons wys hoe doeltreffend die entstowwe is.

Pieter ·

Sit die pommies nou op die rooi lys, dat hulle nie SA kan besoek nie

lodewyk ·

Inenting en meer as 50 000 nuwe gevalle ??Nou wat nou??Tyd sal leer ne??

Jedi Knight ·

Die virus trek nou eers by delta. Die arme outjie moet nog die res van die Griekse alfabet deurwerk. En daarna seker die Sirilliese alfabet ook. Die inenting dissipels gaan later by hul 30ste booster trek.

Rooikopheks ·

Net soos mense wat elke jaar hul griep inspuiting kry, en hulle glo absoluut daaraan.

Lourens CFG ·

Ek het die griep inspuiting een keer geneem, sal nooit weer nie. Dit was die siekste wat ek in al my jare gewees het met griep. 2 Maande siek verlof.

Suzette ·

Jy praat Lourens. Ek self was meer as n maand met siek verlof. Nooit weer nie

Andrew ·

Nê. Werkgewers en discovery betaal dan nog daarvoor ook, uit die ander wie nie wil ent se sakke. Medies betaal nie eens vir griep medikasie nie want dit is oor die toonbank medikasie. sien geen logika, eet meer lemoene.

Andrew ·

Yip. Ek neem aan dat julle n 4de booster moet gaan kry, onmiddelik. Onthou as jy dit kry mag jy na die proteas games gaan kyk of dalk n sterland film gaan sien.

piet ·

Hou in gedagte dat die Britte meer as ‘n miljoen Covid-toetse per dag doen.

JohanR ·

Kan al klaar sien dat die hekke in Brittanje gaan vir SA weer toe klap, dan sit ons weer met Maart 2020 waar Britte hier in SA vas gesit het, en Suid Afrikaners daar vas gesit het. Maar beter dat die rand my nie toelaat om verder as Zimbabwe te kan bekostig nie!

Ontnugterde senior ·

Ek hoop ons regering tree proaktief op en verbied reise na en van Britanje. Ons kan nie NOG ‘n nuwe mutasie bekostig nie. Inge-ent of nie, ek wil nie weer daai siekte he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.