Britte jaag huis toe voor nuwe reisverbod

Eurotonnel (Foto: Eurotunnel/Twitter)

Britse toeriste moes Vrydag jaag om terug te keer huis toe voor ʼn nuwe reisverbod Saterdagoggend van krag sal wees.

Enigiemand wat Saterdag vanaf 04:00 van Frankryk, Nederland, Monaco, Malta, Turks- en Caicoseilande en Aruba terugkeer, sal vir 14 dae moet self-isoleer, het Grant Shapps, sekretaris van vervoer, Donderdag op Twitter gesê.

Die Eurotonnel, wat Brittanje met kontinentale Europa verbind, was Vrydag vol bespreek, aldus die amptelike Twitter-rekening.

“Ons treine na die Verenigde Koninkryk is vandag baie besig,” het Eurostar gesê. Passasiers word gemaan om van stasies weg te bly tensy hulle ʼn kaartjie het vir die treine, wat Brittanje met Nederland en Frankryk verbind.

P&O Ferries, wat tussen Calais en Dover bedryf word, het ook laat weet hul bote is besig en passasiers word aangemoedig om slegs met ʼn geldige bespreking op te daag.

Die BBC en Sky News het berig oor rekordhoë prysverhogings vir vlugte Vrydag na Brittanje.

Frankryk is die tweede gewildste reisbestemming vir Britte naas Spanje. Na raming is daar honderde duisende Britse reisigers wat in kwarantyn sal moet bly wanneer hulle ná die spertyd terugkeer.

Die Nederlandse regering het Vrydag aangekondig dat hy nie ʼn verpligte kwarantyn sal instel op reisigers wat van Brittanje terugkeer nie, maar ʼn reiswaarskuwing is uitgereik, aldus ʼn verklaring deur die ministerie van buitelandse sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herpiet

Nou nou gaan die ANC regering “copy and paste” Kan mos nie vir hulle self dink nie…
Ek hoop regtig nie Vlak 2 is “on hold” nie.

JohanR

Ja nuwe naam vir die ANC is “copy & paste”, of CANDP. Daar is nie ‘n brein sel in die hele NCCC wat kan
individuel dink nie! As die WHO se ons moet weer Vlak 5 toe dan se die NCCC hier gaad ons! Daar is nog wit besighede om toe te maak en nog 1 miljoen mense wat hulle werk moet verloor. Maar wag….die 2021 verkiesing kom.