Britte se besluit oor EU kan verreikende gevolge hê

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

In Brittanje begin die senuwees aan die politici knaag namate die referendum oor Britse lidmaatskap van die Europese Unie (EU) op 23 Junie nader kruip. Die regerende Tories is middeldeur geskeur oor die saak, met premier David Cameron en die man wat hom bitter graag van sy troon wil stoot, die flambojante Boris Johnson, wat bekveg asof hulle geswore politieke opponente is.

Peilings wys dat die Britse kiesers net so verskeur is. Die gemiddelde van alle peilings het ’n paar dae gelede gewys dat 52% vír die behoud van EU-lidmaatskap sal stem en 48% daarteen, maar dis statisties te na aan mekaar om enigsins ’n voorspelling te waag.

Maar intussen het ’n ander komplikasie opgeduik: Skotland.

Die Skotte het verlede week vir hul deelstaatverkiesings stembus toe gegaan, en die Skotse Nasionale Party (SNP) het opnuut ’n groot oorwinning behaal. Die SNP het weliswaar ses setels verloor, wat hom sy volstrekte meerderheid gekos het.

Dit beteken dat Nicola Sturgeon, leier van die SNP, 63 setels het uit ’n totaal van 129 setels. Sy het ewenwel aangekondig dat sy, as leier van verreweg die grootste party, ’n minderheidsregering gaan saamstel (die Konserwatiewe het 31 setels gekry, en die Arbeiders het teruggesak tot 24).

Feit is egter dat verreweg die meeste Skotte deel van die EU wil bly. Luidens ’n peiling wat met die deelstaatverkiesing saamgeval het en vir die Daily Record uitgevoer is, wil ’n reusagtige meerderheid van 76% niks weet van wegbreek van die EU nie.

Enersyds, so meen kenners, kan die Skotte die deurslag gee om “Brexit”, soos die Britse wegbreek genoem word, te voorkom. Wat beteken dat die toekoms van Brittanje (en dus ook Engeland), heel ironies, in die hande van die Skotte kan lê.

Belangriker nog: As Brittanje as geheel op grond van die Engelse se antipatie teen Europa besluit om die EU die rug toe te keer, kan dit die Skotse onafhanklikheidstrewe weer laat opvlam.

In ’n onderhoud met die BBC het Sturgeon ná die verkiesingsuitslag gesê sy gaan “baie hard”  veg om Brittanje in die EU te hou. Maar, het sy daaraan toegevoeg, as dit misluk, is dit “hoogs waarskynlik” dat daar weer ’n Skotse referendum gehou sal word om oor Skotland se onafhanklikheid te besluit.

Dit sou ’n “demokratiese skande” wees as “Skotland teen ons wil uit Europa gesleep word,” het sy gesê. Daar sal dan ’n “oorweldigende eis” wees vir ’n nuwe referendum oor onafhanklikheid.

“Dit sal afhang van die omstandighede, op die noue marge van die uitslag as geheel. … As ons teen ons wil uit die EU geneem word, sal ek die mense van Skotland die geleentheid wil gee om ons EU-lidmaatskap te beskerm deur weer ’n keer na die kwessie van onafhanklikheid te kyk.”

Peilings wys inderdaad dat ’n taamlik klein meerderheid van die Skotte – 45 teenoor 42% – ten gunste van ’n nuwe referendum is as die kiesers as geheel téén die EU-lidmaatskap stem.

Skotland het reeds een keer oor onafhanklikheid gestem. Dit was in September 2014, toe 45% vír en 55% téén afskeiding van Brittanje gestem het.

Dat die stempersentasie byna 85 was, wys hoe ernstig die Skotte die saak opgeneem het. Selfs die Skotse rolprentster Sean Connery het sy mense aangemoedig om vir onafhanklikheid te stem.

In dié stadium is ’n tweede referendum – laat staan Skotse onafhanklikheid – slegs ’n vae moontlikheid, al lek Sturgeon duidelik haar lippe daarvoor af.

Hoe ook al, die duidelik verskillende maniere waarop die Engelse en die Skotte na die EU kyk, wys weer dat die twee volke stadig maar seker besig is om uitmekaar te dryf.

Die Engelse stem die laaste jare in meerderheid vir die Tories, tradisioneel die party van Engelse imperialisme – dieselfde party wat die Afrikaners se selfbeskikkingstrewe ook jare lank geminag het. Die Tories is terselfdertyd aanhangers van die vrye mark, terwyl die Skotte meer sosiaal-demokraties dink.

Die Skotte, daarenteen, het nog nooit vergeet dat hulle eeue lank ’n onafhanklike koninkryk gevorm het wat pas in 1707 by Engeland ingelyf is nie. Sedertdien het hulle hul wel by hul verlies aan nasionale vryheid neergelê, onder meer omdat hulle gelyke individuele regte met die Engelse geniet.

In 1998 het die destydse Arbeiderregering ’n wet deurgevoer om binnelandse selfbestuur aan Skotland en Wallis te gee. Dit het egter die Skotse nasionalisme onbedoeld ’n hupstoot gegee, en die gevolg was ’n hele reeks agtereenvolgende verkiesingsoorwinnings van die onafhanklikheidsgesinde SNP.

Engelse voorstanders van ’n “Brexit” beroep hulle op nasionale soewereiniteit teen die oorkoepelende gesag vanuit Brussel. Dit sou besonder ironies wees as hul strewe vir die behoud van nasionale soewereiniteit tot die uiteenval van die Verenigde Koninkryk lei.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

John ·

Brittanje het vir eeue die wereld gehiet en gebied en hulle wil nou ook hul brood aan alle kante gebotter he. Ons ly hier nou nog weens die skade wat die Britte aangerig het, veral die Afrikaners, omdat die boodskap verkondig is, dat die Boere die oorsaak van al die probleme van die swartman, tot in ewigheid, sal wees. Die groot rede waarom Brittanje nou so angstig is, is omdat Europa ‘n kwota van immigrante ook aan die Britse eilande wil toeken. Brittanje het gou die toelantingsvereistes opgeskuif om die massas uit Afrika en elders uit te hou. ‘Not in my back-yard’ is hulle motto. Skielik word ‘n Moslem die burgemeester van London om so die gemoedere te sus. Die Britte ken van planne maak. Ouma Hillary is ook van Britse afkoms. Haar skoonseun is Joods. Oei tog!

Josef du Toit ·

Verbrokkeling van Brittanje na aanleiding van onttrekking uit die Europese Unie sou gewoon toenemend konsekwente toepassings van selfbeskikking wees. Daarenteen het die Sosialisties-gedrewe Skotte se soeke na die vervanging van hul Londen-meesters met meer direkte inmenging van die alreeds oorheersende Brusselse kabaal, geen logiese verbintenis met enige egte onafhanklikheidstrewe nie. Helaas is die voorheen leidende gereformeerde (maar in die tussentyd grootliks bedorwe) Skotse volk verslaaf aan staatsvoorsiening van wieg tot graf, tans nog hoofsaaklik gefinansier deur die Engelse belastingbetaler. Inderdaad weeg die oordrewe ekonomiese doemprofesië oor ‘n Britse EU-onttrekking veel swaarder op die goddelose Skotse gedagtegang – iets wat slu deur die verlinkse sogenaamde SNP uitgebuit word. Wat ‘n tragiese stand van sake in ‘n volk wat eens die regdenkende gereformeerde teoloog John Knox en die klassieke vrye mark ekonoom Adam Smith opgelewer het.

Xa ·

Neewat daar sal niks sleg kom van skeiding nie. Om een te wil word is n ideologie wat val. Globale samewerking is goed maar om jou grense oop te maak en Ja en amen vir een of ander groter gesag te se is sleg.

John ·

Ja, soos die Britte, Sjina met opium oop gegerook het en die mense verslaaf het, so lamgele is die Skotte. Die Britse monarg woon elke jaar die Skotse koningin se paleis en die meeste Skotte verduur dit. In Suid-Afrika is Engels uber alles en die Afrikaners gebrandmerk tot wreedaards. Wie koop so lekker paleise langs ons kus en wynplase in die Kaap teen 21 keer goedkoper as in hul in eie land? Hmm?

Rynhardt ·

In 2013 het David Cameron geze dat die Europese Unie is vrot van korrupsie tot op die been! Op Donderdag op 5Mei2016 het Cameron die volgende aan media gese:”Ons ekonomie is swak en ons staalbedryf waarvan Brittanje afhanklik is, vertoon sleg.Dit sal betet wees vir ons om buite Europese Unie te wees!” Brittanke gaan nie deel wees van Europese Unie nie.Ek is 200% seker daarvan.Dit sal ons op 23Junie sien wanneer Britte gaan stem! Britte se ekonomie gaan al swakker raak.Jy het baie goud en silwer nodig om finansiele krisis bowe te kom.Dit bring by my by die volgende.In 2013 en 2015 het DA,Brittanje besoek.In 2012 en 2015 het Malema Brittanje besoek.Wat was bespreek deur bogenoemde partye met Britte?Ek glo Engeland gaan in nabye toekoms sy neus kom insteek in SA se Sake! Hoekom? SA het hope goud!!

gatiep ·

Ek voel niks vir Engeland nie hulle het nog net elende in wereld veroorsaak. Die moslems kan hulle ook maar oorvat vir my part.

Nico K ·

Die mense is lief om na die Engelse wat die Afrikaner 100 jaar terug so sleg bwehandel het, te verwys. (Dit was gedoen deur die Konserwatiewe Party. Terwyl die Liberale Party daardie tyd die Afrikaner se vriend was.) Maar in die apartheidsjare was dit die Konserwatiewe Party gewees wat ons gesteun het. (En die Liberale Party was ons vyande.) Om te sê die “Engelse” was nog altyd ons vyand is darem ‘n vreeslike veralgemening. Nie alle Engelse is dieselfde nie.

Xa ·

Dis waar Ja en ons en die engelse gaan mekaar mooi moet bystaan soos wat ons getarget word deur rassistiese inisiatiewe teen blankes.

Maria van Dieweeck ·

Nico, wie het die Afrikaners in konsentrasiekampe laat sterf? Die bloeddorstige en gierige Britse monargie!

Josef du Toit ·

Die Ingelse bly die mees gewilde haatvoorwerp, enersyds verstaanbaar na aanleiding van die droewe gevolge vir die Boere-Afrikaner, van gewetenlose Britse imperialisme. Tog, onthou ek dan verkeerd, was die groot heldin van die konsentrasie-kampe Emily Hobhouse nie Engels nie, was Afrikaanse Bybelvertaler, John Daniel Kestell se eie vader nie van Devonshire in Engeland nie, was dit nie juis die destydse Britse Premier Margaret Thatcher wat teen die grootste moontlike wêreldwye politieke druk bankvas agter die Boere-Afrikaner gestaan het tydens die isolasie-jare nie? Die Engelse verdien beslis ‘n deeglike afranseling, soos ook ons Stamlande wat ons verwoed verguis en versmaai het in die Apartheidsjare, en ook die Azaniese heersers sedert AD1994 onder wie se bewind die Boere-Afrikaanse volk stelselmatig fisies, ekonomies en kultureel uitgemoor word. Maar moet nooit uit die oog verloor nie, dat die grootste bloedskuld eerstens op die hoof lê van die noemenswaardige getalle hensoppers en joiners in ons eie geledere wat by elke kinkel in ons volksgeskiedenis die rug op hul volk gekeer het. Dink maar aan die groot Boere afdeling aan Britse kant in die Tweede Vryheidsoorlog bekend as die National Scouts, of die groot Boere-Afrkaanse kontingent Smuts-gesinde SAPpe in die eerste helfte van die 20ste eeu, die meerderheid volksgenote wat ‘Ja’ in AD1992 gestem het, en die patetiese blanke “Afrikaanses” wat so graag wil amalgameer (in die DA as nuutste inkarnasie van die ou Empire-gesindes) met ‘n onbelangstellende Kaapse Kleurlingvolk wie heeltemal regmatiglik nie hul eie volkswaardes gaan opgee om met ons te fusioneer nie.

John ·

Die Afrikaners het die regering in 1948 oorgeneem juis gegrond op die rampspoed wat gevolg het na die boere-oorloe, die 2 wereldoorloe en die depressie wat die Afrikaners verder verarm het en in stede in ellendige toestande laat wag en hoop het op hulp van die britsgesinde regering. Tevergeefs.. Die trekkerboere is destyds weg uit die Kaap juis vanwee die teistering van die Engelse magsbeheptes, maar laasgenoemde het hulle agterna gesit uit vrees dat hulle ‘n magtige nasie sou word. Die magsdrang het weer gedy, aangevuur deur die nuus dat sendelinge diamante opgetel het in rivierlope en later die ontdekking van goud. Hoekom steeds Engels, Engels hier? Brittanje glo hulle is nog in beheer van ons land… en die base van ons groot myne, sit waar? Iemand wat na eeue steeds glo die Britte sal nog eendag hul houding jeens die Boere verander, moet hom/haar maar regmaak vir ‘n laaaaaang wag.

Cobus ·

Die stemme sal getel word om net net in die EG te bly. Die wêreld mag is in beheer nie die mense nie

Pietsepan ·

Die Engelse hou nou aan die EU vas want hul ryk is nie meer daar nie. Hulle tyd het gekom. Hul geldwaarde gaan ook daal. So ook die VSA s’n. Duitsland word al sterker en sterker. Wie het die tweede wêreld oorlog gewen? Wie het tweede gekom?

Cobus ·

Stem, hulle uurglas is vinnig besig om uit te loop. Hulle het so agteruit “geboer” dat hulle maar min van hulle “eie” land besit.

Jcwf ·

Dit is ‘n bietjie snaaks vir my as Europeaan om dit te lees. Julle blik op Europa is vir my nouliks herkenbaar.

Wat my betref: ek het altyd die EU gesteun en het Brittanje daarin wil hê, maar vandag sê ek: voetsek! Brexit please. Hulle het 40 jaar ons teengehou. Nou kla hulle dat die EU nie demokraties is nie, maar dit was die UK wat altyd nee sê as ons die Europese Parlament die mag het wil gee, wat hulle nodig het om Europa demokraties te maak,

Die EU sal beter wees sonder hulle. Wat met die UK gebeur? Niks goeds nie. Ek hoop net dat die Skotte afstig en by ons bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.