Bruce nóú Caitlyn Jenner

Caitlyn Jenner op Vanity Fair se nuutste voorblad.

Caitlyn Jenner op Vanity Fair se nuutste voorblad.

Bruce Jenner, ʼn Amerikaanse Olimpiese held en bekend vir Keeping up with the Kardashians, heet nou Caitlyn Jenner.

Jenner (65) verskyn op die voorblad van die Julie-uitgawe van die tydskrif Vanity Fair. Die voorbladfoto is deur die bekende fotograaf Annie Leibovitz geneem. Jenner vertel in ʼn openhartige onderhoud van haar transformasie van man na vrou.

Jenner is verlede jaar van Kris Jenner, die Kardashian-susters se ma, geskei. Jenner het kort hierna begin naellak dra en die Amerikaanse skindertonge behoorlik aan die praat gehad. Jenner het in April vanjaar in ’n onderhoud met Dianne Sawyer onthul dat hy eintlik ’n vrou is.

Jenner het intussen op haar nuwe Twitter-profiel gesê:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

SNEL ·

Ja, om nie van daai wangbene te praat nie. Wonder of die uitrusting nou is om die sukses van die transformasie te wys.

Liefdeskind ·

Dit bly ‘n “hom” tot met die oordeelsdag. “Cut en paste” nie deel van God se skepping nie.

Tommy ·

Wat ‘n lelike vrou! Hierdie familie sal enigiets doen om tog net aandag te kry, en ongelukkig is daar suckers soos ek en jy wat lees watse snert hulle aanvang.

Malinda ·

Alles te danke aan sekere goed wat in kosse en in ons drinkwater gegooi word en ook dit wat diere gevoer word om gou geslag te kan word.

nig ·

Malinda – 100%, daar is arme atleet Caster Semenya ‘n goeie voorbeeld. Uit en uit die gebruik van DDT vir malaria en daar is menigtes soos hulle maar nou wil almal weer oordeel asof die oordeel hulle in elk geval toekom. Mag Bruce/Caitlyn gelukkig wees vir die res van haar lewe, elkeen verdien geluk!

hein ·

Min vrouens wat op 65 jaar so fantasties lyk. Laat hy wat sonder sonde is die laaste oordeel vel. Voorspoed aan Caitlin. Wens haar al die voorspoed en geluk in die wereld toe.

Karien ·

Ek stem- alle voorspoed Caitlyn. N baie brawe stap om te neem om die lewe te ly wat jou gelukkig maak ten spyte van n gedeelte van die samelewing wat ongelukkig met oogklappe en hulle eie eng opinies deur die lewe gaan.

Theresa ·

Gee my krag…………………..????????????!!!!!!!!!!!!!!

Theresa ·

Jy praat snert Hein en jy weet dit. As die Here hom ‘n vrou wou gemaak het sou hy ‘n vrou gewees het. Dis hoekom die wêreld so deurmekaar is. Die mense prober god speel.

Lizette ·

Elke mens moet sy eie besluite maak en daarmee lewe. As dit hom gelukkig maak… great! Wie is enige iemand van ons om te oordeel?

Gerrie ·

Top punt van ondankbaarheid met DIT wat God jou gegee het.

Sê Maar Net ·

En wat van Transsexual mense wat so gebore is? Het hulle gevra om so te wees? Vir almal wat graag God wil speel, gaan lees asb Mattheus 7 vers 1 tot 3

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.