Bruce Willis met demensie gediagnoseer

Bruce Willis op 11 Oktober 2019 by die première van ‘Motherless Brooklyn’ in New York. (Foto: Angela Weiss/AFP)

Die akteur Bruce Willis is met onbehandelbare demensie gediagnoseer, minder as ʼn jaar nadat hy sy akteursloopbaan vaarwel geroep het weens sy gesondheid.

Willis is in Maart verlede jaar met afasie gediagnoseer. Die toestand tas ʼn persoon se vermoë om te praat en skryf aan en word gewoonlik teweeggebring deur skade aan die linkerkant van die brein, byvoorbeeld deur ʼn beroerte.

Volgens die 67-jarige aksieheld se familie is Willis nou met frontotemporale demensie gediagnoseer.

“Ongelukkig is uitdagings met kommunikasie net een simptoom van die siekte wat Bruce in die gesig staar,” lui die verklaring wat deur Willis se vrou, Emma Heming Willis, sy eksvrou, Demi Moore, en kinders uitgereik is.

“Terwyl dit pynlik is, is dit ’n verligting om uiteindelik ’n duidelike diagnose te hê. Daar is tans geen behandeling vir die siekte nie, ’n werklikheid wat ons hoop kan verander in die jare wat voorlê.”

Willis is bekend vir sy rol as John McClane in die Die Hard-flieks. Hy was ook in flieks soos The Sixth Sense, Armageddon, Lucky Number Slevin en Moonrise Kingdom te sien.

Willis het tydens sy loopbaan onder meer ʼn Golden Globe- en twee Emmy-toekennings gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niklaas ·

Hy was die laaste paar jaar besonder besig om in flieks op te tree. Dalks wou hy verwoed voorsiening maak vir die komende maer jare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.