Bruid in sop oor dagga in troukos

Danya Svoboda [links] en Joycelin Montrinice Bryant [regs] [Foto: Twitter]

’n Bruid van Florida in die VSA en haar spysenier is in hegtenis geneem nadat hulle glo dagga in die kos wat by die bruid se troue bedien is, gegooi het.

Owerhede het by die troulokaal van die troupaar, Andrew Svoboda en Danya Svoboda, opgedaag nadat verskeie van hul gaste die nooddienste gebel het ná hulle olik begin voel het.

Douglas Postma, die oom van die bruidegom, het aan nooddienswerkers gesê dat sy hart vinnig klop en dat hy drogbeelde gesien het nadat hy Caesar-slaai, pasta en brood geëet het.

Die meeste van die ander gaste by die seremonie het dieselfde simptome as Postma ervaar.

Postma se vrou moes in ’n hospitaal opgeneem word, waar THC, die hoofpsigokomponent van dagga, toe in haar bloed gevind is.

Miranda Cady, ’n vriendin van die bruid, het gevoel “of haar hart gaan stop” nadat sy brood met olyfolie geëet het.

Sy het die spysenier, Joycelin Montrinice Bryant, gevra of sy dagga in die kos gesit het. Bryant het erken dat daar dagga in die kos is.

Volgens Cady se verklaring aan die owerhede het Danya ook bevestig dat die kos met dagga deurtrek was.

Owerhede het monsters van die kos en glasware geneem, en hul ondersoek het hulle na Danya en Joycelin gelei.

Die twee word aangekla van die oortreding van staatswette teen voedselpeutery en dagga, asook van nalatigheid.

Borgtog is aan albei toegestaan en hulle sal na verwagting weer in Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Die bruid was seker bang dit gaan ‘n stywe troue wees en wou seker maak die gaste is jolig. Toe nie so lekker uitgedraai nie en nou sit sy met meer drama as wat ‘n pasgetroude paartjie voor tyd het.

LD

Dis skreeu snaaks! Wat mense nie nog als sal doen nie….. Ai dit was seker nie regtig nodig nie maar nou ja! What’s done is done!

Rooikat

Daai bossiekop lyk sommer soos ‘n daggaroker. Hoop sy kry genoeg moeilikheid. Om iemand te bedwelm en dan te los om huistoe te ry en almal om hulle se lewens in gevaar te stel?

Grassie

En ons regering magtig die gebruik van dagga want dit is mos skadeloos.

Toy

Postma klink vir my soos ‘n Suid-Afrikaanse van, waar het die man hom in begewe met so ‘n bruid.