Bruid se ma sterf toe boom op haar val

Brandbestryders van Los Angeles besig op die toneel waar die bloekomboom omgeval het in Whittier, Kalifornië (17 Desember 2016) Een persoon is dood en vyf ander beseer Foto: Keith Durflinger/The Whittier Daily News via AP

Brandbestryders van Los Angeles besig op die toneel waar die bloekomboom omgeval het in Whittier, Kalifornië (17 Desember 2016) Een persoon is dood en vyf ander beseer Foto: Keith Durflinger/The Whittier Daily News via AP

ʼn 61-jarige vrou is dood toe ʼn boom tydens haar dogter se troue op haar geval het.

Die vrou, Margerita Mojarro van San Pedro, se naam is Dinsdag deur Los Angeles se staatslykskouer bekend gemaak. Sy is Saterdag dood tydens die troue by ʼn park in Kalifornië.

Familielede en vriende het aan KABC-TV en KNBC-TV bevestig Mojarro was die ma van die bruid.

Die groep was net ná die seremonie op pad na Penn-park in Whittier om foto’s te neem. Die groep het vir ʼn foto poseer toe ʼn groot bloekomboom skielik op hulle omgeval het.

Verskeie persone was onder die boom vasgekeer en ʼn vierjarige het kritieke kopbeserings opgedoen.

Die park is onbepaald gesluit terwyl die ondersoek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

charmaine ·

Sjoe, daar gebeur darem tragiese dinge in hierdie ou wereld van ons.

Denise ·

Ai dit is baie hartseer wat hulle mooiste dag moet wees eindig tragies !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.