ʼn Studie aan die Universiteit van Guelph in Kanada, het bevind dat van al die uiesoorte, die bruin ui die doeltreffendste is om kankerselle te vernietig. Maar dan moet dit verkieslik uie wees wat in Ontario gekweek is waarvandaan die uie gekom het wat in die toetse gebruik word.
Die navorsing was spesifiek gerig op kolonkanker, hoewel ’n ander studie onlangs bevind het uie is doeltreffend om borskankerselle te dood.
In die studie oor kolonkanker is die kankerselle aan quercetin blootgestel wat uit vyf verskillende uiesoorte onttrek is, en wat in Ontario gekweek is. Dit het geblyk dat die bruin ui, Ruby Ring die doeltreffendste is.
Die navorsers meen dit is belangrik dat ’n ekstrak ontwikkel word wat nie chemikalieë vrystel nie, sodat die ekstrak in pilvorm aan pasiënte toegedien kan word.
Die studie is in die vaktydskrif, joernaal Food Research International gepubliseer.
Wonderlike nuus vir kankerpasiente. Hopelik sal dit die koste van behandeling afbring. Altyd so verskriklik tragies dat mense sterf aangesien hul nie behandeling kan bekostig nie.
Die volgende is dat jy moet stort om HIV te voorkom en pampoen pitte kou vir tandpyn. Belaglik
Nee, Vryheid, stort en beet vir HIV is al laankal aan die orde van die dag, vandat skool klaarmaak nie meer nodig is om as president verkies te word nie
Waar kry ons in SA die uie te koop?