Brussel-aanval: Aanvallers geïdentifiseer

Die twee mans links op die foto is vermoedelik dood in die bomaanval op Brussel se lughawe op 22 Maart 2016. Die polisie is nog op soek na die man regs op die foto, vermoedelik Najim Laachraoui (Foto: Belgian Federal Police via AP)

Die twee mans links op die foto is vermoedelik dood in die bomaanval op Brussel se lughawe op 22 Maart 2016. Die polisie is nog op soek na die man regs op die foto, vermoedelik Najim Laachraoui (Foto: Belgian Federal Police via AP)

Die Belgiese uitsaaidiens RTBF het twee aanvallers, wat Dinsdag deel was van die bomaanvalle in Brussel, uitgeken as die broers Khalid en Brahim Bakraoui.

Die broers is glo aan die polisie bekend vir vorige misdade waarby hulle betrokke was, maar niks wat met terreur verband hou nie. Volgens RTBF het Khalid El Bakraoui ʼn woonstel gehuur waarop die polisie verlede week ʼn klopjag uitgevoer het. Dié klopjag het hulle tot by die hoofverdagte van die Parys-aanvalle, Salah Abdeslam, gelei.

Ten minste 34 persone is dood en sowat 250 beseer tydens ontploffings Dinsdag by ʼn lughawe en ʼn treinstasie in Brussel. Militante van die Islamitiese Staat het later die dag verantwoordelik vir die bomontploffings aanvaar.

BBC het Woensdag berig ʼn derde verdagte, Najim Laachraoui, is steeds op vrye voet. Laachraoui kan in die foto op die lughawe in Brussel gesien word saam met die twee broers wat tydens die ontploffings dood is. Hy het glo ook ʼn bom by hom gehad, maar dit het nie afgegaan nie. Volgens BBC is vroeëre berigte dat Laachraoui in hegtenis geneem is, onwaar.

Lees alle vorige berigte oor Brussel-aanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.