Brussel-aanval: ‘Man met hoed’ aangekeer

Mohamed Abrini (31), wat op 8 April 2016 in Brussel aangekeer is, het erken dat hy die “man in die hoed” is wat op die lughawe se kringtelevisiebeeldmateriaal te sien is voor die selfmoordbomaanvalle by die lughawe in Brussel op 22 Maart 2016

Mohamed Abrini (31), wat op 8 April 2016 in Brussel aangekeer is, het erken dat hy die “man met die hoed” is wat op die lughawe se kringtelevisiebeeldmateriaal te sien is voor die selfmoordbomaanvalle by die lughawe in Brussel op 22 Maart 2016

Mohamed Abrini (31), wat Vrydag in Brussel aangekeer is, het erken dat hy die “man met die hoed” is wat op kringtelevisiebeeldmateriaal te sien was voor die aanvalle by die stad se lughawe.

Altesaam 32 persone is dood ná twee selfmoordbomaanvalle op 22 Maart by die stad se lughawe en een by die metrostasie.

Staatsaanklaers het Saterdag gesê Abrini het bevestig hy is die “man met die hoed”. “Hy is met ʼn reeks uitslae van verskeie kundiges gekonfronteer en hy het sy teenwoordigheid by die lughawe bevestig,” het die federale staatsaanklaer in ʼn verklaring gesê. “Die persoon het aan ondersoekbeamptes gesê hy het sy baadjie in ʼn vullisdrom gegooi en sy hoed verkoop.”

Abrini staan tereg op aanklag dat hy betrokke was in die bedrywighede van ʼn terreurgroep en terreurmoord.

Abrini, ʼn Belg oorspronklik van Marokko, was een van die mees gesoekte misdadigers in Europa nadat hy saam met Salah Abdeslam by ʼn vulstasie in Parys afgeneem is, twee dae voor die bomaanvalle op 13 November in Parys. Abdeslam was een van die hoofverdagtes in die aanvalle in Parys. Abdeslam is op 18 Maart in hegtenis geneem.

Tydens ʼn polisieklopjag ná die aanvalle in Brussel, is Abrini se DNS in ʼn woonstel in Schaerbeek, Brussel, gevind, van waar die selfmoordaanvallers vertrek het.

Hy is Vrydag saam met vyf ander persone in Brussel aangekeer, waaronder Osama Krayem, ʼn Sweed, wat tereg staan op dieselfde aanklagte as Abdeslam vir sy rol in die aanvalle by die Maelbeek-metrostasie.

Twee ander verdagtes, Herve B. M. en Bilal E.M. staan tereg op aanklag vir hul deelname in ʼn terreurgroep en terreurmoord.

Twee ander persone is vrygelaat ná ondervraging.

Lees alle vorige berigte oor die Brussel-aanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anton ·

Ek wonder soms of daar islamitiese mense, buiten die selfmoord bommers, in die tereurdade omkom. Dit sal vir my interessant wees as daar geen islamiete omkom nie aangesien islamiete oral is. Kop-in-een-mus teorie. Jy sien, my opinie is dat nie net die islamitiese ekstremiste is wat ander gelowe, meers spesifiek Christene, haat nie.

Theresa B ·

Liewe aardetjie tog!! Hoe kan ‘n mens met sulke gedagtes ewe rustig rondloop en weet wat jy van plan is om te doen. Dis siek verby!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.