Buckingham-noodvergadering: Aankondiging gemaak

Koningin Elizabeth II en Prins Philip (Argieffoto)

Buckingham-paleis het Donderdag in ʼn verklaring gesê Prins Philip (95), die hertog van Edinburgh, gaan uittree en nie meer amptelik deel wees van openbare optredes nie.

Dit volg nadat koningin Elizabeth II (91) se mees senior beamptes Donderdagoggend die hele koninklike huishouding se personeel na Buckingham-paleis ontbied het vir ʼn noodvergadering.

Die koninklike familie het in die verklaring bevestig dat Prins Philip in Augustus vanjaar sal uittree.

“Die hertog het die koningin se volle ondersteuning,” lui die verklaring. “Prins Philip sal nog voorafgeskeduleerde optredes tussen vandag en Augustus vanjaar meemaak, individueel asook saam met die koningin. Die hertog sal egter daarna nie ander amptelike uitnodigings aanvaar nie, hoewel hy steeds moontlik van tyd tot tyd sommige openbare gebeurtenisse sal bywoon.”

Prins Philip gaan steeds beskermheer en president of lid van nagenoeg 780 organisasies bly.

Volgens die verklaring gaan koningin Elizabeth steeds met haar program volhou, wat talle openbare optredes insluit, en dié besluit word ook deur die koninklike familie ondersteun.

Sosiale media het Donderdag behoorlik gegons oor dié noodvergadering en talle het bespiegel oor die moontlikheid dat ʼn koninklike of senior beampte van die paleis oorlede is.

Koningin Elizabeth en prins Philip was Woensdag ooglopend gesond toe die koningin met Theresa May, die premier, vergader het, en prins Philip by ʼn Londense krieketklub gesien is.

Lees die verklaring hier.

Die verklaring wat deur die koninklike familie uitgereik is (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

gerda ·

Ek kan nie minder omgee nie. Hulle was so lelik met Prinses Diana dat ek absoluut niks van hulle wil weet nie.

Melt Olckers ·

Dankie tog! Dis nie een van die corgis wat dood is of weg is nie>

Andre ·

O goeiste, ons gaan hom so mis. Hoe gaan ons sonder hom klaarkom?

Boesman ·

En dit is nuus hoekom…………??? Ek kan nie ‘n flenter omgee wat met met enige een van die koninklikes aangaan of gebeur nie………..

Johann ·

Jip jip jip..kwessie van “hurry up and die”? Rerig? Dis belangrik vir die Wêreld hoekom?

Anmri ·

So vreeslik sad vir hulle, hy en sy queen kan nou maar bq rus, Charles is ook al horing oud en gaan nie kans kry om te regeer. Die ou queen sit waar sy sit!!!

Alida ·

As SA maar sulke statige en stylvolle leiers gehad het! Hou op om vieslike kommentare te lewer en julle is jaloers op 1ste wereld klas.

kyrstyn ·

Alida, jy besef die Koningin is nie die “leier” van Engeland nie neh…

gatiep ·

Hoekom raak die lot wat hulle self so Lords noem so oud?Ek vertou hulle niks, weet nie wat maak hulle nog in n moderne lewe en die arme publiek moet hulle vet hou nie.

Raak Ingelig ·

Alida, van graad een af se die onderwysers “lees en jy sal presteer”! Gaan lees asb in diepte oor die koninging en haar konneksies met die Illuminati en hul bedrywighede! Glo my ek is gladnie jaloers op haar of haar familie nie! As jy hulle idealiseer of aanhang gaan groot! Sy is die magtigste vrou in die wereld maar hoekom?

bella ·

Ek voel al vir jare ‘n veer vir hulle. Hulle dien geen doel nie. Hulle regeer nie. Hulle is net window dressing, dis al. Die enigste een vir wie ek respek gehad het – behalwe nou haar twee seuns- was Diana. Toe sy dood is toe is my sprokie ook dood. Die hele lot was gemeen met haar veral Charles – wat nou met “Pronk” ( en groot geel tande) getroud is.

Riaan ·

Noodvergadering vir sulke nuus. Genade hulle kon dit sommer ge-email het Simpel aandag soekkers die spul

Grassie ·

Die ouderdom ontsien niemand nie. Daar is ook gerugte dat die oubaas soms, op ‘n ongelee tyd en plek, van ‘n ongewenste gas ontslae raak.

Pop ·

Kyk dit sou dalk beter gegaan het as ons leiers so statig en goed gedisiplineerd was – MAAR EK BUIG NIE MY KNIE VOOR N MENS / KONINGIN NIE SLEGS VOOR GOD EN GOD ALLEEN.

Johan. H. ·

Hulle leef so lank want hulle het geen stres nie,,Eintlik n helse skande,

vermeende ·

Nou hoekom is dit nuus in SA, ons is mos al lankal onafhanklik van dir Britte se genade.

Aarde verbrand! konsentrasiekampe! en die Queen loop vra vir Mandela verskoning, hulle kan maar gerus almal loop lepel in die dak steek.

Johan. H. ·

Skuus wou nog se , Dog die butler het oor die corgie brak gery met die limosine. Nou hoef ek nie meer so te sit en naels kou nie,,,,

Liza ·

Nie die limozine nie,die koningklike perdekar…Hy kon nie sy draai kry nie.

ken benoni ·

Was dit nie haar ouma wat so gierig was en ons land kom binneval het nie?
Duisende van ons Boerevolk het gesterf oor hul gierigheid. Daar was ook vele ander lande soos bv. Indië en Hong Kong wat ook dieselfde lot getref het!!
Hoe minder ek van hulle weet hoe beter!

LVDH ·

Dis hoogtyd dat hy uittree! Nou is dit die queen se beurt. Ek sweer sy en Mugabe kyk wie kan langste uithou

jaco ·

die britse koningshuis kos die britse belastingbetalers n reusagtige bedrag, maar ek sou nie omgee om daar te bly nie. geen beurtkrag, geen regstellende aksie, geen waterbeperkings, geen staatshospitale wat uitmekaar val nie, geen treine wat laat is en uitgebrand word nie, ens ens ens. ek vergewe hulle hulle lelike behandeling van ons mense tydens die Anglo-Boereoorlog. Dit weeg veel minder as al die voordele van daar bly. net jammer ek kan nie daar inkom nie.

kyrstyn ·

Gras is nie altyd groener nie! En die treine is gereeld laat, vra my maar, ek werk in Bath.

Koos Roets ·

Net nie dit nie! Toe hy nog lid van die Beatles was….. O sorry. Wie is hy nou weer?

Adriana ·

Wie gee om. Hulle regeer nie.Hulle is net daar vir die “show”.

Marius ·

Ek voel niks vir wie kom en gaan nie. Hulle het genoeg kwaad by ons gedoen met die konsentrasie kampe met die Boere oorlog.Wil niks van hulle weet nie.Weet nie waarom on van die nuus moet weet nie.

Ellen ·

Net om te dink hulle weet nie wat is dit om honger te gaan slaap nie. Dan het hulle nog die beste mediese versorging. Die klomp maak my siek soek net aandag.

Lyle ·

Ai dis moeilik om so belangrik te voel!
Moet selfs ‘n vergadering daaroor hou oor die nuus. Sou dit verwag het as Elizabeth ge – abdikeer het , maar dat haar man gaan uittree is nou nie belangrik vir my nie. Hoop die monargie kom tot ‘n einde wanneer sy klaar ge- koningin het. Dit is net geldmors want hulle regeer tog nie.

Sakkie ·

Hopenlik sal hulle die wereld nog onverskoning vra vir al die wandade wat deur hulle nasie gepleeg is in die verlede

Gee krag ·

Sakkie soos ons nou meen jy seker ook. Ons moet aanhoudend en aaneen om verskoning vra en oë op die grond loop soos honde wat geskop is. Hulle loop regop en ek haal my hoed vir hulle af.

Elsabe ·

Sjoe, julle is darem geniepsig. Net altyd negatief. Gaan lees eers die geskiedenis en lewer dan kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Die Britse koningshuis se teenwoordigheid bring hul baie meer in as wat gespandeer word om hul te onderhou. Toeriste staan tou voor hul woonplekke om dalk net ietsie te kan sien al is dit net ‘n verbygaande motor. Ook werk die koningspaar baie hard en kan ek nie glo dat 2 mense in hul 90’s soveel werksure en opdragte soos hul uitvoer nie. Wat die destydse oorlog betref: Hulself was nie betrokke nie en ons moet nou daarvan vergeet want mens kan nie terugleef in die verlede nie. Kyk vorentoe en leef vorentoe.

Ekke ·

Dit is regtig nie nuus waardig nie, maar dis beter om die gemors te lees as al die geweld en moord wat ons elke dag sien.

Wonder ·

Doen aan ander wat by aan jouself gedoen will hê. Ons wil vir Apartheid vergewe word, maar kan nie n oorlog van 115 jaar terug vergewe nie.

Chris ·

Dit is ‘n ou storie. Die Ingelsman het gespog, “the sun never sets on the British Empire”. Toe skree ‘n ou boere omie vir hom, “yes, it’s because the Lord can’t trust the English in the dark”

Soessie ·

Ek wag nog steeds dat daai klomp onvoorwaardelik om verskoning vra oor die duisende Suid-Afrikaners wat hulle in die konsentrasiekampe vermoor het!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek kyk na die ou koningin se foto en dit verbaas my dat sy daar sit met ‘n mooi glimlag in haar blou uitrusting. Seker is die foto ge”fotoshop” maar hoeveel 91jariges ken ons wat nog so lyk en so breed glimlag. En vergeet maar nie van die se-goed van Prins Philip nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.