Buckingham-paleis belê noodvergadering

Koningin Elizabeth II en Prins Philip (Argieffoto)

Sosiale media gons behoorlik nadat koningin Elizabeth II se mees senior beamptes die hele koninklike huishouding se personeel na Buckingham-paleis ontbied het vir ʼn noodvergadering.

Lord Chamberlain, die mees senior beampte van die koninklike huishouding, en Christopher Geidt, privaat sekretaris, sal na verwagting die personeel van die koninklike huishouding toespreek.

Nuus op sosiale media dat ʼn koninklike of senior beampte van Buckingham oorlede is, het Donderdag vroeg soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Buckingham het egter in ʼn verklaring gesê “daar is geen rede tot kommer” nie.

Volgens The Telegraph was koningin Elizabeth (91) en die hertog van Edinburgh, Prins Philip (95), ooglopend gesond toe die koningin Woensdag met Theresa May, die premier, vergader het, en Prins Philip by ʼn Londense krieketklub gesien is.

Die personeel vergader om 10:00 (internasionale tyd) waar die nuus eerste bekendgemaak sal word. Tientalle joernaliste het intussen reeds buite die paleis bymekaargekom.

Só lyk die opvolgers vir die troon:

  1. Prins Charles, Prins van Wallis
  2. Prins William, hertog van Cambridge
  3. Prins George van Cambridge
  4. Prinses Charlotte van Cambridge
  5. Prins Harry (Henry) van Wallis

Bron: The Telegraph, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan. H. ·

Julle se daars geen rede tot kommer nie, ek stem ek is gladnie bekommerd nie, net nog bollie wat maar kan ontbreek word,, Wat maak een mens beter as n ander? ,,,, Royal Parasites

Johann ·

Laat my terugdink aan ‘n paar jaar gelde met die verjaardagviering van die Koninging Moeder. Tussen al die aanhangers wat blomme en kaartjies na die.Paleis gebring het was daar ‘n paar “for real PUNKS” wat plakate rondgewaai het met ;” HURRY UP AND DIE!”.

Nico ·

Dit geld vir die royal gepak wst net die belasting betalers se geld opvreet!!!!

VanAfrika ·

Ek sou nie omgegee het om daardie lewe te ly nie, nie n dagse bekommernis oor enige iets nie en jy vlieg die wereld vol, wat n droom

Ou Gaafste ·

O genadetjie tog ………..die spanning!! Kan nie wag om te hoor wat gebeur het nie!

Nico K ·

Ek stel ook nie regtig belang in die Britse koningshuis nie, maar ek merk op dat Prins Harry eers die 4de troonopvolger is. Het enige iemand ‘n idee hoe werk die troonopvolging? Ek het die rolprent, The King’s speech gesien, en toe die broer abdikeer het die jonger broer outomaties koning geword.

Melt Olckers ·

Enige kinders van Prins William en die Hertogin van Cambridge verkry voorkeur bokant Prins Harry. Prins Harry se naam sal al meer onder toe gaan op die lys indien sy broer nog kinders kry.

Melt Olckers ·

Hoop die corgis is ok! Dalk is Liesbet omgekrap oor die handoeke.

Nico Broodryk ·

Hulle het dan gister op n new Zealand koerant laat weet dat niemand dood is nie maar dat Prince Phillip sal aftree

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.