Oekraïense owerhede het Maandag die liggame van vyf burgers in Motyzhyn, ʼn dorp wes van die hoofstad Kiëf, aangetref, insluitend dié van die dorp se burgemeester, haar man en seun. Die lyke se hande was almal vasgebind.
Dít kom nadat owerhede op ʼn gru-toneel van onder meer massagrafte In Bucha en lyke van burgerlikes in en om Kiëf afgekom het.
Oekraïense magte het onlangs Kiëf van Russiese troepe teruggeneem.
Die polisie in Oekraïne het Maandag vier liggame, onder wie dié van die burgemeester, geïdentifiseer wat haastig begrawe is. Die liggame is in ʼn bos naby die burgemeester se huis in Motyzhyn aangetref.
Die vyfde liggaam is in ʼn put in ʼn tuin gevind.
Die oorledenes, van wie twee mans nie deel van die burgemeester se familie is nie, se hande was ook agter hul rug vasgevind.
Volgens die polisie is die burgemeester, Olga Sukhenko (50), haar man en hul seun op 24 Maart deur Russiese troepe ontvoer.
Inwoners voer aan dat die burgemeester en haar man geweier het om hul samewerking aan Russiese troepe te verleen.
Die burgemeester van Melitopol is ook op 11 Maart deur Russiese magte ontvoer, maar is ʼn paar dae later weer vrygelaat.
In Bucha, ʼn dorp net buite Kiëf, is die liggame van talle burgerlikes in die strate en in massagrafte aangetref. Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, het Rusland daarvan beskuldig dat hy volksmoord pleeg en lande wêreldwyd het aantygings van oorlogsmisdade begin slinger.
Rusland het dié bewerings ontken en voer aan dat “nie ʼn enkele plaaslike inwoner” in die gebied onder geweld gely het terwyl Russiese magte daar in beheer was nie.
Satellietfoto’s wat intussen bekend gemaak is wys oënskynlik die teendeel.
Satellietbeelde wat in Maart van die gebied geneem is, wys talle liggame van burgerlikes wat op of langs paaie lê waar Oekraïense owerhede gesê het die lyke die afgelope naweek aangetref is.
“Hoë-resolusie Maxar-satellietbeelde wat oor Bucha geneem is, bevestig onlangse foto’s wat aan die lig gekom het van liggame wat in die openbaar, nou al vir weke, in die strate lê,” het Stephen Wood, woordvoerder van Maxar Technologies, gesê.
Die Kremlin het nietemin die grafiese beelde wat die ronde doen afgemaak as “vals” en dat dit deur Oekraïense owerhede gefabriseer is.
Moskou se gesant by die VN, Vassily Nebenzia, het Maandag in die veiligheidsraad gesê dat die lyke nie daar was toe Russiese troepe die stad verlaat het nie.
“Skielik verskyn [die lyke] in die strate, een vir een, links en regs. Sommige van hulle beweeg en toon tekens van lewe,” het hy gesê.
Zelenski sal nou Dinsdag voor die VN se veiligheidsraad praat oor die voortslepende konflik tussen Oekraïne en Rusland.
Die land se president het Maandag tyd in Bucha deurgebring en opnuut die Russiese troepe vir die bloedbad blameer.
“Dit is oorlogsmisdade en dit sal deur die wêreld as volksmoord erken word.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Burgemeester?
Burgermeester in Kiëf-streek saam M E T gesin uitgewis
Ek sal Zelenski se aantygings maar met knippie sout vat, siende dat hy die akteur diktatorkie met Nazi vriende is wat sy oposisie partye in Ukraine verban het terwyl hy homself as “demokratiese” regering voorhou….
Dis die mense wat die cANCer party support. Mense regte hang vir hulle af wie dit is en of hulle kan help om hulle kommunistiese agenda kan uitvoer
Dis nou die vredeliewende russise vriende van die ANC ne !!