Vyf persone is dood en minstens 15 beseer toe ʼn bus Maandag deur ʼn treinstasie geploeg het, het plaaslike nuusagentskappe berig.
Die bus het by trappe afgery wat na ʼn ondergrondse treinstasie lei en daar vasgesit, volgens foto’s wat op sosiale media gepubliseer is.
Die stasie is geleë in ʼn hoofstraat in die weste van Moskou, naby ʼn gewilde winkelsentrum.
Dis nog nie duidelik of die voorval ʼn ongeluk of ʼn doelbewuste aanval was nie.
Politieke korrektes aka manipuleerders, let wel, dit was nie n ongeluk nie. So ook nie die persoon wat met n kar vol petrol in n duitse politieke party se hoofkwartiere ingejaag het nie.