Bush snr. breek nekwerwel

V.l.n.r. Barbara Bush, George Bush snr., George Bush jnr., Laura Bush (Dallas, Texas; April 2013)  Foto: REUTERS/Jason Reed

V.l.n.r. Barbara Bush, George Bush snr., George Bush jnr., Laura Bush (Dallas, Texas; April 2013) Foto: REUTERS/Jason Reed

Oud-pres. George HW Bush (91) het in sy huis in Kennebunkport, Maine, geval en ’n nekwerwel gebreek. Volgens die hospitaal is sy toestand bevredigend, maar hy sal ’n nekstut moet dra.

Bush snr. was van 1989 tot begin 1993 president van die VSA. Hy is die pa van oud-pres. George W. Bush, en Jebb Bush wat nou probeer om die Republikeinse nominasiestryd te wen om as kandidaat in aanstaande jaar se presidentsverkiesing te staan.

Die bejaarde Bush is aan ’n rolstoel gekluister. Dit is nie bekend hoe hy geval het nie.
ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.