Bybels as “fiksie” verkoop

Foto: @calebwilds, Twitter

Foto: @calebwilds, Twitter

Costco, ʼn groothandelaar in Amerika, het om verskoning gevra nadat eksemplare van die Bybel as “fiksie” gemerk en op uitverkoping aangebied is.

Caleb Kaltenbach, ʼn pastoor by die Discovery Church in Simi Valley, Kalifornië, het verlede week Vrydag ʼn foto van die Bybel getwiet, met ʼn strepieskode waarop “fiksie” aangedui is. “Costco het Bybels op uitverkoping onder die fiksie-genre. Hmmm….” het hy geskryf. Dié twiet het groot reaksie op die sosiale netwerk uitgelok van kritici en sommige wat voorgestel het die beskrywing is “akkuraat”.

“Verkoop Costco die Koran onder “fiksie”? Ek wonder!” het Holly Bishop (@Southerngal1963) getwiet.

“Is dit nie fiksie nie? Ek dink Costco is reg, bied asseblief feitelike data om die teenoorgestelde te bewys,” het Steven Durham (@SrDurham) geskryf.

Costco het om verskoning gevra en die fout op ʼn verspreider blameer. “Costco se verspreider het ʼn klein gedeelte van die Bybels verkeerd gemerk,” het die maatskappy Woensdag in ʼn verklaring aan AFP gesê. “Ons aanvaar verantwoordelikheid en moes die fout vroeër opgemerk het. Ons stel dit reg met toekomstige verspreiding. Ons sal ook alle huidige Bybels, wat verkeerd gemerk is, regstel. Ons vra groot om verskoning vir die fout.”

Dit is nie duidelik of dit genoeg sal wees vir plaaslike Christene nie. “Ek het geweldig aanstoot geneem,” het Shellie Dungan, ʼn lid van Kaltenbach se gemeente, aan KTLA-TV gesê. “Dit is verkeerd, en ek glo die Bybel is die waarheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

En dan stem sommige mense saam met die ou se fout? Die Bybel is fiksie? Ek wonder of die mense besef mens spot nie met God nie…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.