Byeboere hou taai betoging

Die trappe by die ministerie van landbou in Duitsland (Foto: AP Photo/Markus Schreiber)

Twee byeboere het Woensdag buite die ministerie van landbou in Duitsland betoog teen die voortgesette gebruik van ʼn omstrede onkruiddoder.

Sebastian en Camille Seusing het ʼn emmer vol heuning op die trappe van die ministerie omgekeer en gesê dit is besmet met hoë vlakke van glifosaat wat op velde naby hul landbouonderneming in Brandenburg gespuit is.

Die egpaar voer aan hulle moes vier ton heuning vernietig en het ongeveer €60 000 (sowat R960 000) se verliese gely.

Die Seusings doen ʼn beroep op Julia Kloeckner, die minister van landbou, om meer te doen om verhoed dat glifosaat gebruik word.

Omgewingskenners eis ook dat ʼn onmiddellike verbod geplaas moet word op die gebruik van glifosaat, die aktiewe bestanddeel in Bayer se onkruiddoder, Roundup. Hulle is besorg dat dit lei tot ʼn afname in bye en ander insekte.

Die Duitse regering het ingestem om vanjaar reeds te begin om glifosaat uit te faseer en alle gebruik teen die einde van 2023 te verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AndrewL ·

Snaaks, hier op radio het ‘n kenner gesê dit hou geen gevaar in nie. Of het ek nou dié storie heel verkeerd verstaan?

Basjan ·

AndrewL, dit hang af aan wie se kant die “kenner” is en wie hom betaal. Die Seusing egpaar sou nie sonder rede opgetree het soos wat hul wel gedoen het nie. Die belangrikheid van bye in die voortbestaan van die voedselketting word baiekeer onderskat.

Chris ·

Die mense wat se dit hou geen gevaar in moet asb n koppie roundup drink om dit te bewys!

Madeleine ·

Onlangs uitgevind bye maak heuning vir hulself vir kos vd winter… laat my 2 keer nou dink voor ek heuning koop!!

Boertjie ·

N Bye boer gaan nie al sy bye se heuning vat nie. Al sy swerms sal uit sterf, ondersteun eerder die mark, so dat ons meer bye boere kry

AndrewL ·

Basjan, my antwoord was dalk onduidelik, ek is ten volle bewus van die nuus oor glifosaat, Roundup se hofsake, “GMO” produkte en die gebruik daarvan in Suid Afrika. Die kenner het my laat wonder, en ek gebruik lankal geen GMO produkte waar ek dit kan verhoed nie. Dit word egter netjies verdoesel. Baie lande verbied blykbaar ook GMO verbouing, ek sal maar soos hulle dink.

Chris ·

Ek is self n byeboer en jy haal net uit wat jy mag, gewoonlik 3 rame uit 10, of super haal jy die hele super af. Maar ek moet vra, het jy nou regtig gedink dat bye net heuning maak vir mense en dat die nie vir hulle self is nie? Die selfde soos koei net melk maak vir mens en nie vir hulle versies nie?

Boertjie ·

Kenners moet ophou hulle feite op Facebook lees. Glifosfaat is n plant doder, en doen absolut niks aan insekte, mens of dier nie. Sonder glifosfaat sal vandag se voedsel vir die massas nie kon geproduseer word nie. Ek stem saam bye is baie belangrik, maar die daaling is agv van insek doders wat gespuit word, gaan vra jou naaste boer die spuit program van kultivars wat van biotegnologie gebruik maak, teen oor die konventioneele spuit program.

Somme ·

Die industrie , (boerdery is mos n industrie) het kleintjies soos die by (ons gebruik gmo saad)en Hom wat reen gee(ons besproei) uit die plan uitbeplan . RIP by . Hierdie is n multimiljard industrie .

Amanda ·

In Suid Afrika word ons vergiftig deur die glifosaat wat op mielies, soja en koring gespuit word. Rys word ook met glifosaat gespuit. Ek kan geen van die produkte eet as dit nie organies is nie. Baie mense wat gluten intollerant is reageer op die glifosaat nie die gluten nie. Baie mense met ekseem het net eenvoudig n reaksie op glifosaat. Glifosaat lei ook tot kanker, lewer, nier, spierfunksie, depressie ens probleme. Baie mense word met imuun disorder gediagnoseer, weereens n reaksie op glifosaat. Die enigste rede hoekom die glifosaat debat aanhou is omdat GMOs glifosaat gebruik. Sonder GMOs en glifosaat sal produksie afneem en pryse styg. So ons vergiftig onsself en die grond vir goedkoop kos. Maroela will julle nie asb n artikel hieroor plaas nie…

Andre ·

Die mense het nie n idee Hoe belangrik n by werklik is nie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Sover my kennis strek – en as gevolg wat ek op die media gelees het – bestaan daar ‘n wesenlike gevaar dat bye – as gevolg van insekdoders – se getalle reeds drasties oor die hele wereldverminder, en kenners sê dat as die getalle DALK eendag uitsterf, sal dit ook tot hongersnood lei. Ek weer het plante hier in my tuin wat bye lok – byvoorbeeld laventel – en ek geniet dit om na die bye te staan en kyk soos hulle na verskillende blomme vlieg om nektar te versamel. Nee, asseblief – probeer bye so ver moontlik beskerm…

Robert ·

So die massa dooie bye is getoets vir die teenwoordigheid van glifosaat. Duidelik is die Duitse paar ‘n gat in die kop gepraat deur een of ander omgewings”kenner”. Stem saam met Boertjie glifosaat is onkruid doder. Ja nou mag mense sê wat van die saak wat monsanto in Amerika verloor het. Gaan lees bietjie of the klaer alle veiligheids maatreels gevolg het met die gebruik daarvan.

Boertjie ·

Robert, jy is 100% reg. Die hoof saak is verloor, (maar nog nie klaar nie, ek dink die saak gaan uitgegooi word in die hoof geregs hof) agv die VSA se regs stelsel wat bestaan uit n “juries “ daar was ek dink oor die 800 Wetenskaplike en afsonderlike studies ingedien wat bewys dat glifosfaat nie kanker veroorsaakend is nie. Waar die aanklagte nie een wetenskaplike studie kon indien nie. Juries is mense met gevoelens, en dit is hoekom mense in die VSA so maklik maatskapye kan aanvat, en almal links en regs dagvaar. Ek was nou so paar maande terug in die VSA hulle adverteer die dagvaarding op tv en soek nog mense om op die sous trein te klim.

Chris ·

Snaaks as dit net gevaarlik is plante en nie diere nie, hoekom dan al die beskermed klere wat gedra word as dit gespuit word?

Boertjie ·

Chris, ongelukkig word boere volgens wet gedwig om veiligheids klere te dra, masker en handskoenne ens, nie die fotos wat jy op google sien nie.
Daar word ook meeste ander produkte soos bv vir snywurm saam met die bespuitings gemeng wat wel giftig is.

HV ·

Nou die dag geluister n praatjie met n wetenskaplike by die Pukke. Sy reken dat as die laaste by op aarde uitsterf sal die kosproduksie op aarde nog net 4 jaar kan aanhou.
Kyk na wat Amanda geskryf het, snaaks dat glifosfaat so n geweldige uitwerking op mense het, maar volgens sommiges nie op bye of ander insekte nie, dis wensdenkery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.