Bymiddel in lekkergoed, koeke verbied

Titaandioksied (E171) (Foto: Europese owerheid vir voedselveiligheid (Efsa))

Ledestate van die Europese Unie het Vrydag ingestem om ʼn kleurbymiddel vir kos, wat as kunsmatige kleursel E171 op ʼn lys van bestanddele aangedui word, te verbied. Die Europese reguleerder bevraagteken die veiligheid van E171.

Dié middel bevat nanodeeltjies van titaandioksied en word algemeen gebruik in ʼn rits verbruikersgoedere insluitend medikasie en kosmetiese produkte.

Die verbod hou verband met die gebruik van die middel in kos, waar dit hoofsaaklik aangewend word om lekkergoed, kougom, witsouse en koekversiering witter en helderder te maak.

Die Italiaans gebaseerde Europese owerheid vir voedselveiligheid (Efsa) het in Mei bevind daar is ʼn risiko dat die nanodeeltjies DNS-skade kan veroorsaak en geen veilige vlak vir daaglikse inname kon bepaal word nie.

Frankryk het verlede jaar al die gebruik in kos opgeskort ná navorsing gewys het titaandioksied veroorsaak voor-kankeragtige groeisels in laboratoriumrotte.

Sonder enige verdere besware deur ledestate of die Europese parlement teen die einde van die jaar, sal die verbod amptelik in 2022 in werking tree, aldus ʼn verklaring van die EU-kommissie.

Die farmaseutiese bedryf, wat ook E171 in die vervaardiging van medikasie gebruik, sal intussen nie deur die verbod geraak word nie, om ʼn tekort aan mediese produkte te vermy.

Die groen lig vir die verbod is “die laaste spyker in die doodskis van titaandioksied as voedsel-bymiddel,” sê Camille Perrin, ʼn verteenwoordiger van die Europese Verbruikersorganisasie (BEUC). “E171 het in meeste Europese lande reeds grootliks verdwyn van die samestelling van kosprodukte, maar dit is steeds opgespoor in kougom, lekkergoed en koekversiersel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanCzu ·

Dis alles goed en wel, maar wanneer word suiker verbied, aangesien dit algemene kennis is watter gesondheidsgevare dit inhou.

Excalibur ·

Suiker in watter vorm (bv suikerriet, heuning, vrugtesuiker, ens)?
Wat van stysel saam met verwerkte rietsuiker wat tot vetsug en diabetes kan lei?

Elmarie ·

Suiker verbied? Belaglik regtig want dan moet jy sommer vrugte ens ook verbied want meeste voedsel bevat fruktose/sukrose ens wat ‘n tipe suiker is. Die liggaam het dit nodig.

annie ·

Dan wil ons net geel kaas eet en room is roomkleurig en suiker is bruin maar nee, ons hou van wit suiker en sekere perskes het twee rooi wange as dit ryp is en wetenskaplikes moes dadelik die dna wysig want ons soek net een rooi wang.. en so woed ons voort: die skeppers van ons eie-waan-sin. GM-voedselsoorte is nou vollop en gierige misrabele mense ook… All for the money…

Excalibur ·

Daar is ‘n uitstekende gesegde wat lui: “Sweetest tongue have the Sharpest tooth”. In hierdie geval is dit meerendeels hoe mooier opgevraai en aanloklik die produk vir die eindgebruiker; hoe hoer die toename in verkope t.o.v. R&c en faluta vir die owerheid MAAR hoe gevaarlik laer die oorlewingspeil vir die menslike liggaam wat tot gevolg het hoe hoer die regeringskoste (R&c) aan mediese steun vir sy landsgenote … Geen wen – wen situasie. Kriks van die storie; hou by natuurlik Godgeskape organismes (lewe) en leef jouself uit tot die laaste geskal gehoor word. Peuter aan ‘n ding wat werk lei gewoonlik na iets negatiefs en daarom glo ek vas dat al hierdie hoer siektestoestande wat nou ondek word en meegaande sterftes in die laaste paar jaar sal ‘n fatale spoor dra van mensontwikkelde / gemanupuleerde afval.

Johanna ·

Alle pille bevat Tatanium Dioxide, maar dit is nie nou .belangrik nie……
Die newe effekte van cholestrol pille generics van.Aspavor 80 mg se dit is nie aanbeveel vir mense met hartsiektes nie……as ek dit nie self gelees het nie, sou ek dit nooitby n dokter of Apteker gehoor het nie. Wie gee regtig om?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.