Byna 2 000 dood aan ebola

Dokter voor ʼn ebola-sentrum in Kailahun, Sierra Leone (Augustus 2014) Foto: Sylvain Cherkaoui Cosmos/Dokters Sonder Grense

Dokter voor ʼn ebola-sentrum in Kailahun, Sierra Leone (Augustus 2014) Foto: Sylvain Cherkaoui Cosmos/Dokters Sonder Grense

Die sterftesyfer aan ebola in verskeie Wes-Afrikaanse lande het tot meer as 1 900 gestyg, aldus ‘n woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Dit beteken dat dit die grootste epidemie van dié siekte ooit is. Daarbenewens het ʼn onbekende aantal mense ook reeds in die Kongo weens ebola gesterf, maar waar die virus tot ʼn ander stam behoort.

Volgens die WGO neem die verhouding van die persone wat die siekte opdoen teenoor die sterfgetalle ook toe. Die meer as 1 900 sterfgevalle is uit 3 500 gevalle wat die siekte opgedoen het. Die WGO hoop dat die siekte binne ses tot nege maande onder beheer gebring sal kan word. Vroeër is berig dat die siekte wat tot dusver hoofsaaklik landelik was, toenemend na die stedelike gebiede versprei.

Dokters Sonder Grense het die veldtog teen die siekte as “dodelik ondoeltreffend” beskryf.

Bron: Belga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.