Byna 200 gevalle van dodelike virus in China reeds aangemeld

Voetgangers dra maskers om hul teen die nuwe virus te beskerm (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Met die uitbreking van ʼn nuwe koronavirus in China vandeesmaand is ʼn geraamde 198 gevalle reeds aangemeld.

Die eerste sterfgeval van dié virus wat gepaard gaan met simptome soos erge koors en asemhalingsprobleme, is begin Januarie in Wuhan in China bevestig.

In die bestek van twee dae is 139 nuwe gevalle van dié geheimsinnige virus aangeteken. Nog twee mense is intussen dood. Gevalle is ook in Beijing en Shenzhen aangemeld.

Chinese owerhede vrees dat die virus ander lande ook in ʼn krisis kan dompel weens die vinnige oordrag van die virus.

Die Koreaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming het Maandag bevestig dat die eerste geval van dié virus intussen in Suid-Korea aangemeld is.

ʼn Chinese vrou wat glo koors en asemhalingsprobleme ervaar het, het Sondag van Wuhan na die Incheon- internasionale lughawe in Suid-Korea gereis. Sy is tans in kwarantyn en word behandel.

Nóg twee gevalle is Sondag in Thailand en een in Japan aangemeld.

Meeste Asiese en drie Amerikaanse lughawens het inkomende lugvaartpassasiers uit sentraal-China begin toets om te voorkom dat die siekte verder versprei.

Luidens ʼn BBC-berig sê Chinese owerhede die virus is steeds voorkombaar en kan nog beheer word. Hulle waarsku wel dat dit noukeurig gemonitor moet word omdat hulle nog nie presies weet waar die virus ontstaan het of hoe dit oorgedra word nie. Hulle vermoed ʼn seekosmark in Wuhan kan met die oorsprong van dié virus in verband gebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neels ·

Die provinsie van China nl. Suid Afrika sal seker weer wag totdat die virus hier uitbreek voordat daar voorsitg maatreels getref word . Net soos met die bek en klouseer wat nou nog nie onder beheer is in Limpopo nie. Hier kom daagliks honderde chinese op OR aan hoop hulle word getoes of dalk weet ons lughawens personeel nie eers daarvan nie

Nettie ·

@Knaap – China was nog altyd in my opinie, as “China” gespel – Sjina is verkeerd.

Onnie ·

Sjina was die ou Afrikaanse spelling gewees maar word baie min gebruik. Die spelling China word nou algemeen gebruik en aanvaar soos bv. CD

Bess ·

Nee wat dis n klug nes ebola. Maklike geld vir die medisyne maatskappye. Kyk op youtube ebola hoax

Annecke ·

Waar kan ek ons geval aanmeld asb.
Ons het 9 jan van Phuket, Thailand in SA aangekom my man het reeds van Bangkok siek begin word. Na vele besoeke aan ER bloed toetse, x strale was daar aan ons gese hy het long infeksie en huistoe gestuur met antibiotika. 13 Jan toestand versleg, terug ER en ons aan drs genoem van
coronavirus..ons is toe in isolasie geplaas en die toets negatief maar wel positief vir influenza A H3.. sy simptome presies dieselfde as coronavirus. Hy is toe eers opgeneem en behandel vir viral infection.. hy sterk aan. En ja so het ek malaria gekry in n non red flag area…waar kan ek dit aanmeld asb.
Mag dit wees dat die coronavirus aangesien kan word vir influenza A H3 . Kan iemand help asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.