Byna 28% van spesies kan verdwyn

Lemurs is ook op die lys van bedreigde spesies. (Foto: IUCN)

Die wêreld sal Saterdag ʼn bygewerkte rooilys van bedreigde spesies, die gesaghebbende katalogus van hoeveel van die aarde se diere- en plantspesies weens mense se bedrywighede op die rand van uitsterwing is, te siene kry.

Kenners verbonde aan die Wêreldbewaringsunie (IUCN), wat tans ʼn internasionale kongres in die Franse stad Marseille hou, het die afgelope halfeeu byna 135 000 spesies geassesseer en byna 28% daarvan loop tans die gevaar om vir ewig van die aardbol te verdwyn.

ʼn Verlies aan habitat, oorbenutting en onwettige handel laat wildlewebevolkings wêreldwyd steier, maar wetenskaplikes sê hulle is ook bekommerd oor die toenemende bedreiging wat aardverwarming inhou.

Craig Hilton-Taylor, hoof van die IUCN se rooilys-eenheid, sê indien die situasie só voortgaan, kan die wêreld binnekort ʼn enorme krisis op hande hê.

Verskeie spesies wêreldwyd sou ongetwyfeld uitgesterf het as dit nie vir die rooilys was nie. Hilton-Taylor sê dit plaas die soeklig op byvoorbeeld die lot van die Arabiese gemsbok. Sommige van die diere is vroeër uit die wildernis geneem, in aanhouding geteel en daarna weer vrygelaat. Hulle floreer nou.

Klimaatsverandering word nie dikwels as rede voorgehou vir die oorsaak van sommige spesies se uitsterwing nie. Hilton-Taylor sê met byvoorbeeld ysbere is dit ooglopend watter uitwerking dit op die diere kan hê, maar dit is veel moeiliker met ander megafauna om die uitwerking van klimaatsverandering te bepaal.

Daar is bewyse dat klimaatsverandering verantwoordelik is vir al hoe meer en al hoe feller veldbrande, maar wanneer kenners bedreigings vir ʼn spesie aandui, word “verhoogde voorkoms van brande” in dié geval as rede – en nie klimaatsverandering nie – opgeteken, sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tiptol ·

Ek dink die mens teël net aan. Veral as daar geld uitgedeel word vir elke nuwe geboorte.

Sarel ·

Dit is nou maar die mens. Kan niks bewaar nie net vernietig

Samuel ·

Die mens het verseker ‘n groot aandeel in aardverwarming en die verdwyning van talle spesies, maar tot betreklik onlangs was al die inligting rondom aardverwarming en die bedreiging van sekere spesies nie so vrylik beskikbaar nie.

Kokerboom ·

Daar is eenvoudig net te veel mense op die aarde!!!Afrika, indië/Pakistan en China verteenwoordig allen 50% + van wêreldbevolking

Fritz ·

En dan buig ons nog steeds agteroor om ten alle koste elke liewe mense se lewe te red. Soos ons deesdae duidelik kan sien…..

jou gewete ·

en steeds word verbete geveg teen elke ding wat die massas mense kan minder maak. oorbevolking van die aarde is die groot oorsaak van die probleem maar elke keer word verbete geveg dat mense nie moet doodgaan. dis net soos hier waar misdaad besig is om die land te verwoes maar steeds word geveg vir meer regte vir kriminele

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.