Byna $700 000 vir tabakboere in Zim

Foto: ANA.

Foto: ANA.

British American Tobacco (BAT) gaan sowat VSA$700 000, ongeveer R9 miljoen, belê om jong tabakboere op te lei en oeste in Zimbabwe te vergroot.

Dié maatskappy het in ʼn verklaring gesê dat die belegging van $696,582 via BAT Zimbabwe se bemagtigingstrust gemaak is. Die trust is oorspronklik gestig om tegniese en finansiële bystand aan plaaslike tabakboere te verleen. Die trust staan ook studente in die landbouveld by.

“Die doel van die trust is om die plaaslike kleinskaalse boere, hoofsaaklik jong mans en vroue wat 40% van die tabakboere van Zimbabwe uitmaak, te bemagtig,” het BAT gesê.

Die trust se toekomsplanne sluit in om ʼn tabakvervaardigingsentrum in al die gebiede waar dit gunstig is om met tabak te boer op die been te bring en korter kursusse aan te bied oor tabakverbouing.

BAT het gesê die kort kursusse is spesiaal ontwerp om boere by te staan wat praktiese kennis oor oesvergroting benodig, maar dit nie kan bekostig om ʼn jaar af te knyp om te gaan studeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

BS ·

Ja want mens kan mos tabak eet!. Zim het nie eers kos op rakke nie, maar kom ons leer hulle hulself dood rook. Glad nie vir my reg nie.

Mike ·

En so belê die buiteland in n land waar daar feitlik geen demokrasie oor is nie en waar grondgrype op groot skaal plaasgevind het. Ons moet maar vergeet van enige buitelandse hulp ooit in SA.

Johannes van Staden ·

Sal graag wil sien of dit gaan werk want niks anders het nog in die verlede gewerk nie …kom ons gee maar NOG n kaans.

Hennie ·

Let wel die buiteland doen die belegging want Zimbabwe is ‘n bankrotgat, danksy Mugabe!

Tom Theron ·

Eers vernietig hulle die bedryf, en staan daarna bakhand om dit weer aan die gang te kry. Afrika ekonomiese model.

Darius Els ·

Maroela!Alweer soos die ou RSA Afrikaanse pers. Politieke gatkruipers(ek moet nou ook vulgere woorde gebruik),mens moet se wat Maroela wil he,sensorskap by uitnemendheid.My berig oor die tabak onderwerp pas hulle nie,daarom bly dit hangend.En ENIGE EEN wil my vertrap omdat ek weier om geld te skenk vir Afriforum (kry jul struktuur reg,die hoof se vrou kan ons nie fop met n nooiensvan en dan haar man se adjunk wees nie,dis nepotisme) ek sal ook nie geld skenk vir n sanger om “namens my”by VN te praat oor plaasmoorde nie.Stuur n politikus om dit te doen.

AN ·

Waarvan praat jy Darius? Dis maar slegs ‘n berig oor wat BAT vir Zim beplan? Wat is nou so polities verkeerd daarmee?
En ook Baie Dankie Maroela vir julle sensor van kommentaar, ek hoef nie absolute vulgere vloek woorde of afskuwelike bose goed te lees wat mense mekaar kan toewens nie.
Miskien kan julle net so ingeboude spelling outomatiese korrigering inbou voor kommentaar ingestuur word …..?

Faan ·

My liewe land Darius! AfriForum se een Adjunkhoof is Alana Bailey, sy’s glad nie Kallie se vrou nie- al klink hul name baie dieselfde. Ek ken albei- Alana en Kallie se vrou. Die res van jou inligting is ook verkeerd. Nou beskuldig jy Maroela boonop van sensorskap. Hulle het jou waarskynlik gered van ‘n lastersaak!

Christa ·

Hoeveel van daardie miljoene gaan op miesies Mugabe se plase spandeer word?

John ·

Hoe edel. Hulp om verslawende giftige middels te verbou wat miljarde sal in vir die skenkers… en so verander Afrika in nog ‘n Suid-Amerika wat op niks anders kan roem as die uitvoer van verdowingsmddels en werkloses nie. Kom ons klap hande vir Mogabe as voorbeeld vir die res van Afrika… armoede en hongersnood… nooit gesien nie… die vieringe is Saterdagaand… onthou, konkas vir toegangsgeld staan by die ingang…

Darius Els ·

Ek herhaal my nie geplaasde boodskap.DIS NIE N OORSEE BELEGGING NIE!KYK wie is eienaars van BAT.n SA burger.Lekker om die “vriende” se bydrae te beskou as ” buitelands”,maar eintlik is dit n SA org wat dit doen.Dankie M M dat julle alweer iemand bskerm.

Firlues ·

Darius, lees Ebbe Domisse se Biografie oor Dr Rupert. Daarin sal jy sien dat hy sy tabakbelange al dekades terug aan BAT verkoop het. Jou inligting is verkeerd. Terloops, as jy ‘n pensioenfonds het, is jy self ‘n BAT-eienaar! Ek glo Rembrand het steeds aandele in BAT- miskien meer as jy- maar hulle besit dit nie.

Johanna Botha ·

Hoe verstaan met dit… mugabe haat die Britte en nou word daar geld gegee …gaan hulle nie maar hulle geldjies weer mors nie …sommige mense leer ook nie … daar is mense wat net wil hulp he en as hulle dit het dan soek hulle net nog meer ….ons hou die ene maar met n arendsoog dop …hehe

Darius Els ·

An— gaan lees gerus weer Rapport 3 maande gelede.Hannelie se gesprek met mnr Kriel.Wie is dan mev /mej Baily se eggenoot? Se tog ek is vreeslik dom,of die sondag koerant moet ook sensorskap toepas-op sy joernaliste

Faan ·

Mej Alana Bailey is nie getroud, – lees weer die Rapport berig- Kallie se vrou is Elana.

humor ·

Hierdie mense wat so n oop hamd en hart het vir die zim boere sal beslis ook luister na die nootkrete van weeduwees en kinders van talle boere wat in ons SA vermoor is. ??????????????????????????????????????

M A ·

Tabak groei uitstekend in Zim. Dis histories die gewas wat die land op die wêreldkaart geplaas het. Miskien redeneer hulle dat dat in die verlede n sukses was en staan die beste kans om weer n sukses te wees. Dalk slaag die projek en lok al die duisende uitlanders in SA terug om welvaart in Zim te gaan soek. Mense sal rook (ek self nie), so dit help nie om te kerm en kla omdat dit tabak is nie. Ek is ten gunste van enige projek wat mense in staat stel om n bestaan te voer.

AL ·

Zimbabwiese mense is maar net so uitgelewer aan Mugabe se knoeiery met stemme in verkiesings.
Dalk sien die maatskappy dit as n humantêre hulp. Kom ons kyk egter oor n jaar of die hulp n oes oplewer. As Mugabe se gierige oë nie al op die geld geval het nie.

Wouter ·

So gaan hulle gelgtjies in rook op. Mugabe gaan tenminste 45% vat vir belasting.

Jakes ·

En nou Britte draai teen julle eie mense , wat van julle boere wat van hulle plase afgedryf en vermoor is in Zim, Julle is huigelaars julle pas nou verskrooide aarde beleid op julle eie mense toe , sies julle verraaiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.