Byna 700 Moslembroeders ter dood veroordeel

Foto: Afgesette pres. Morsi

Foto: Afgesette pres. Morsi

‘n Egiptiese regbank het in een uitspraak 683 lede van die Moslembroederskap ter dood veroordeel. Onder die veroordeeles is die hoof van die beweging, Muhammad Badie.

Die verhoor spruit uit gewelddadige betogings teen die afsetting van pres. Mohammed Morsi, ‘n lid van die Moslembroederskap.

Verlede maand is altesaam 529 lede van die Moslembroederskap ter dood veroordeel nadat hulle aan die moord op ‘n polisieman skuldig bevind is. Altesaam 492 van hulle se straf is tot lewenslange gevangenisstraf versag.
Bronne: AFP, Reuters, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.