Byna R160 000 vir ʼn trossie druiwe

Die trossie Ruby Roman-druiwe wat op 7 Julie 2016 in Kanazawa, Japan tydens ʼn vrugteveiling vir R159 000 verkoop is (Foto: Kyodo-Kyodo)

Die trossie Ruby Roman-druiwe wat op 7 Julie 2016 in Kanazawa, Japan tydens ʼn vrugteveiling vir R159 000 verkoop is (Foto: Kyodo-Kyodo)

ʼn Vrugtehandelaar het Donderdag ʼn trossie druiwe met 30 korrels vir R159 000 gekoop by ʼn vrugteveiling in Japan.

Takamaru Konishi het ongeveer R5 300 per korrel vir die druiwe betaal.

Volgens The Guardian is seisoenale vrugteveilings baie gewild in Japan, waar vrugte as ʼn statussimbool beskou word.

Die Ruby Roman-druiwe is in die Ishikawa-provinsie gekweek.

Elke korrel is ongeveer so groot soos ʼn tafeltennisballetjie. Die druiwe moet ʼn suikerinhoud van minstens 18% hê en ongeveer 20 gram weeg om as ʼn “Ruby Roman” beskou te word.

Dié trossie was deel van ʼn spesiale 14 jaar lange projek, wat deur die regering gelei is.

The Guardian berig die eerste Roman Ruby-druiwe is in 2008 aan die vrugteveilingmark bekend gestel en pryse styg sedertdien.

“Ek het in koue sweet uitgeslaan. Ek was so gelukkig en voel geëerd,” het Konishi aan verslaggewers gesê. “Ons sal dit in ons winkel uitstal voordat ons ons klante daarvan sal laat proe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wern ·

As die plase hier gevat gaan word en die ekonomie opgemors word gaan ons ook binnekort die bedrag vir druiwe betaal.

Tc ·

Ai en mense het gekla oor wat mense vir Prince se hemp,baadtjie en kitaar betaal het n paar weke terug.Hierdie is nou maligheid rêrig waar!!!!

Bessie ·

Nee dan gaan boer ons boere maar net oorsee. Word eers voorman daar, en later eie eienaar. Behalwe die reeds bejaardes

Blitzie ·

Ek sal daai prys betaal. Dan sit ek en peusel aan n druif in my Kaapse huis wat uitkyk oor die oseaan. En my Aston Martin en Porsch staan in die motorhuis

Luister ·

Maak pelle met die Guptas…….jy moet net eers in die regering kom.

johann cb ·

Kan ek nie maar een van sy kliënte wees nie?
Enige borge om my oor te stuur asseblief? (^_-)

Kobus ·

Die RSA sal, as dit hier gekweek word, die suikerinhoud belas. Kom nou minister van Finansies, waarom nie ook sommer ons druiwekorrels belas nie?

Karma ·

Nee-wat, nou is ek daarvan oortuig: die Japanese is gekook in hul koppe. Hulle kan ‘anyway’ nie rugby speel nie en nou is dit vir hulle ‘n “eer” om vrugte te hê? Maar miskien moet ons SAners hul begeerte om “vrugte te hê” uitbuit – kom ons nooi hulle uit: hier is mos 100’e en 1000’e vrugte- en tafeldruif-plase in die Wes Kaap (Ceres, Paarl, Stellenbosch en die Heksriviervallei). Hulle kan hier hulle yens kom spandeer vir die ‘voorreg’ om vrugte te hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.