Byna R60 000 vir ‘n trossie druiwe

Een van die trosse Ruby Romans-druiwe

Een van die trosse Ruby Romans-druiwe Foto: sgforums.com

Paartjies by ʼn Japannese trouvenue gaan bederf word met druiwe wat bykans R60 000 per trossie kos.

Die eienaar van die saal waar onthale gehou word, het die Ruby Roman-druiwe Saterdag op ʼn veiling aangekoop teen 550 000 yen (ongeveer R58 000). Dit is die eerste dag van die aankoopseisoen in Ishikawa, sentraal Japan, berig plaaslike media.

Die trossie met 30 druiwe weeg ongeveer 800 gram, berig NHK, die openbare uitsaaier in Japan. Elke korrel is tot 3 cm groot.

Die druiwe, teen ongeveer R1 900 per korrel, sal by die trouvenue in Kanazawa bedien word.

“Ek was verras omdat dit bietjie duurder is as wat ek aanvanklik gedink het,” het die koper gesê. “Maar ek wil seker maak dat die paartjies dit geniet en wonderlike herinneringe sal hê.”

Ongeveer 30 trosse van die Ruby Romans is Saterdag op die veiling verkoop. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.