Byna sy huwelik kwyt oor 34 000 stuk legkaart

Ken Robinson (Foto: Katie Lunn/Evening Gazette)

Ken Robinson (74) was byna sy huwelik kwyt omdat hy meer tyd met sy legkaart spandeer het as met haar.

Die oupa het die afgelope twee jaar tot vier ure per dag voor die enorme legkaart gesit om die stukkies op die regte plek te kry. Die oerwoudtoneel, met 34 000 stukke, is 560 cm x 150 cm groot.

Ken, ʼn afgetrede vragmotorbestuurder, erken sy vrou Christine (71) het gedreig om hom te verlaat oor sy obsessie om dié legkaart te voltooi. Hy het een hele vertrek in hul huis by Marske-by-the-Sea in North Yorkshire, Engeland vir die legkaart ingerig.

“Ons het byna geskei oor die hoeveelheid tyd wat ek aan die legkaart spandeer het. Ek sou omstreeks 21:00 in die aand by die trappe op verdwyn as daar niks op die televisie was nie, en seker tot 01:00 aan die legkaart werk. Die tyd het so vinnig verbygegaan. My vrou het ʼn paar keer geraas. Ek sal haar beslis nou met ʼn formele ete moet bederf!”

Ken Robinson (Foto: Katie Lunn/Evening Gazette)

Mev. Robinson klink egter nie te ontsteld nie. “Daar was een goeie ding – dit beteken ek kon kyk net wat ek wou op televisie!”

Ken het die enorme legkaart in verskillende dele verdeel, elk met ongeveer 3 000 stukke en elkeen op sy eie bord, sodat hy die legkaart kon rondbeweeg en net op een deel kon fokus.

“Toe ek die eerste 3 000 klaargemaak het, het ek gedink – ek gaan ʼn leeftyd hier sit! So ek het al hoe meer tyd begin spandeer aan die legkaart. Dit was baie lekker om die laaste stukke in te sit!”

Sy legkaartkamer is vol van legkaarte. Voor die oerwoudtoneel was die grootste een wat hy vantevore aangepak het, 18 000 stukke. Hy bewaar die legkaarte veilig om seker te maak dat nie een stukkie verlore gaan nie. “Ek het al enkele legkaartstukkies op die trappe gekry!”

Die 34 000 stuk legkaart, vervaardig deur Educa, is teen ongeveer £250 te koop. Nou dat die stuk voltooi is, het hy egter nie plek daarvoor in sy huis nie. Hy hoop om dit iewers te kan uitstal, en dalk selfs geld daarmee in te samel vir liefdadigheid.

Die slegte nuus, vir mev. Robinson, is dat Educa ʼn groter legkaart vervaardig het – ʼn 42 000 stuk stadstoneel wat meer as £300 kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adri ·

‘n Mens spandeer nie tyd nie – jy bring tyd deur of staan tyd af aan, ens. Jy spandeer geld.

Alida ·

Dit is baie mooi en tenminste is hy by die huis en nie in n kroeg iewers nie. Die VK met daai mislike weer is dit net die ding om te doen.

John ·

Nogal ‘n fiksasie… en nou wil die oom bewonder word. Wie het die gras gesny en die vullissakke uitgedra? Daar is sinvoller take om af te handel, sowaar.

Isabel ·

Jy mag maar my oom…. dit is pragtig.. sou so mooi in my sitkamer gelyk het ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.