Chaos breek uit in Lagos midde betogings

Die betogings in Lagos, Nigerië. (Foto: Babajide Olusola Sanwo-Olu/Twitter)

’n Groep wetstoepassingsbeamptes het Dinsdagaand op betogers in Lagos, Nigerië, losgebrand enkele ure nadat ’n 24 uur lange aandklokreël in dié stad ingestel is om ’n einde te bring aan byna twee weke se betogings oor polisiebrutaliteit.

Luidens berigte is verskeie betogers gewond en daar is ook berigte van sterftes nadat beamptes vroegaand skote op betogers in die voorstad Lekki afgevuur het.

Babajide Olusola Sanwo-Olu, goewerneur van Lagos, het intussen die gewondes in die hospitaal besoek.

Volgens Sanwo-Olu is 25 pasiënte in drie hospitale met ligte tot matige beserings opgeneem terwyl twee intensiewe sorg benodig. Nog drie pasiënte is reeds deur die nag ontslaan.

“Dit is die moeilikste nag van ons lewe aangesien magte buite ons direkte beheer beweeg het om donker gebeure in ons geskiedenis aan te teken,” het die goewerneur in die vroeë oggendure getwiet.

Babajide Olusola Sanwo-Olu besoek van die gewondes in die hospitaal. (FoBabajide Olusola Sanwo-Oluto/Twitter)

Betogings duur al 12 dae lank in Lagos oor wydverspreide bewerings van ontvoering, teistering en afpersing deur ’n polisie-eenheid wat bekend staan ​​as die spesiale teenroofeenheid (SARS).

Dié groep is vroeër vandeesmaand deur Muhammadu Buhari, president van Nigerië, ontbind.

Dié betogings het nietemin voortgeduur en Sanwo-Olu genoop om Dinsdag ’n aandklokreël van 24 uur lank in te stel om die orde te probeer handhaaf.

Babajide Olusola Sanwo-Olu besoek van die gewondes in die hospitaal. (FoBabajide Olusola Sanwo-Oluto/Twitter)

“Ek het met skok toegekyk hoe dit wat begin het as ’n vreedsame #SARSprotes ontaard het in ’n monster wat die welstand van ons samelewing bedreig,” het Sanwo-Olu vóór die skietvoorval getwiet toe die aandklokreël aangekondig is.

Die goewerneur het toe ’n beroep op die inwoners van Lagos gedoen om tuis te bly sodat veiligheidsmagte orde in die stad kan handhaaf. Dit lyk egter nou of betogers hulle nie aan die aandklokreël gesteur het nie waarna daar op betogers losgebrand is.

Gboyega Akosile, woordvoerder van die goewerneur, sê ’n ondersoek na die skietery is intussen gelas.

Volgens Akosile het Sanwo-Olu die owerhede aangeraai om niemand weens die oortreding van die aandklokreël in hegtenis te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Zandra ·

my ma het altyd gesê as jy nie ore het nie moet jy voel….

Surfer ·

Ongelukkig werk dit nie met ons magtige ANC regering nie, free for all.

Eclectus ·

Ek kry hulle jammer, hulle het nie wittes om te blameer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.