Charles Manson oorlede

Charles Manson kort voor sy dood.

Die berugte moordenaar Charles Manson is Sondag in die ouderdom van 83 oorlede.

Manson is die doodstraf opgelê nadat hy die moorde op die swanger aktrise Sharon Tate en ses ander georkestreer het in 1969 in Los Angeles. Hy is aan natuurlike oorsake in die Kern County-hospitaal dood. Manson is glo verlede maand in die hospitaal opgeneem.

Manson was reeds voor die moorde ʼn gewoontemisdadiger en het ʼn moordbende bymekaar begin maak. Tate, wat agt en ʼn half maande swanger was, is op 9 Augustus 1969 saam met vier ander mense in haar en haar man, die rolprentregisseur Roman Polansky, se huis vermoor. Manson se volgelinge het die dag daarna ʼn egpaar vermoor.

Manson het tydens sy verhoor volgehou hy is onskuldig. Hy en drie van sy volgelinge is aan moord skuldig bevind en ter dood veroordeel. Nog ʼn volgeling is later ook skuldig bevind. Hul vonnisse is later tot lewenslank omgeskakel nadat die doodstraf afgeskaf is. Een van Manson se medebeskuldigdes is in 2009 in aanhouding dood terwyl die ander drie steeds agter tralies is.

Manson is op 12 November 1934 in Cincinnati gebore. In ʼn onlangse foto van Manson is ʼn litteken van ʼn swastika sigbaar wat hy dekades vroeër in sy voorkop ingesny het. Manson het een van die 20ste eeu se mees berugte misdadigers geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justice ·

Amerikaners bedoel met lewenslange tronkstraf lewenslank – nie 25 jaar waarvan al die moordenaar sy vonnisse gelyklopend uitdien en hy na twee derdes van die vonnis in aanmerking vir parool kom nie. Walus is egter `n uitsondering op die reel.

Sammy ·

Geen verlies vir die mensdom nie.Uiteindelik kan al die slagoffers se families berusting vind.

Anonieme Lafaard ·

Almal praat van “gelykheid voor die reg” en hoe wonderlik dit is. As mens egter objektief na uitsprake hier en oorsee kyk, besef jy dit is ‘n leuen. Dalk eendag, nog nie nou nie. Kyk maar na die gevalle van Walus, Nixon, Pistorius, OJ Simpson, ens.

Jordaan ·

Helter-skelter (oor die Tate moorde) was die enigste fliek wat ek nog gesien het wat gemaak het dat ek onder die bed en in die kaste gekyk het, en 2 keer seker gemaak het deure was gesluit voor ek gaan slaap het!

christa ·

Hoekom was hy nog steeds agter tralies. Hoe lank is lewenslank. Hier in ons land is lewenslank net ‘n paar jaar, behalwe vir Waluz wat al hoe lank sit sonder afslag.

maria ·

Dankie MM nogal dikwels gewonder oor hom.
Jip ons regstelsel is n grap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.