Charlie Gard sterf

Die 11 maande oue Charlie Gard van Engeland het Vrydag gesterf ná hy van asemhalingsmasjiene afgehaal is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn Britse hooggeregshof het vandeesweek beslis dat Charlie na ʼn hospies in Brittanje oorgeplaas moet word om vreedsaam te sterf en nié by sy ouers se huis soos hulle aanvanklik versoek het nie.

Charlie het aan die uiters seldsame ensefalomiopatiese mitochondriale DNS-ledigingsindroom (MDDS) gely, wat kort ná geboorte by hom gediagnoseer is. Dié sindroom beïnvloed weefsel in die spiere, lewer, of sowel die spiere as die brein, en veroorsaak as’t ware dat “foutiewe DNS” in die liggaam nie genoeg krag na die spiere en brein stuur om te kan beweeg of aksies uit te voer nie.

Volgens Chris Gard en Connie Yates, Charlie se ouers, het dié siekte sy hart, lewer én niere aangetas. Hy kon nie self asemhaal nie en was daarom aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel. Hy kon ook nie sy oë oopmaak of sy arms of bene beweeg nie.

Regter Justice Francis het egter Woensdag gesê dat Charlie nie die nodige sorg gaan kry wat hy verg indien hy by sy ouerhuis versorg word nie. Francis het daarom beslis dat hy na ʼn hospies in Brittanje geneem word en kort ná sy aankoms by die hospies van die asemhalingsmasjiene afgehaal sal word.

Charlie Gard en sy ouers, Chris Gard en Connie Yates (Foto: Gard-familie via AP)

Die Yates-egpaar was sedert begin vanjaar in ʼn ingewikkelde regsgeding gewikkel om alternatiewe behandeling vir Charlie aan te vra nadat die hospitaal aangeraai het dat hy ʼn vreedsame dood moet sterf.

Die Great Ormond Street-hospitaal het ook vandeesweek hul medelye aan die familie betuig.

“Ons is diep hartseer oor die verskille tussen Charlie se dokters en sy ouers, en dat dit so in die hof uitgerek moes word. Sy ouers het onverpoosd probeer om die sorg vir hom te beding wat hulle dink hy verdien, en dit is hulle reg. Al die personeel by Great Ormond staan elke oggend op om na siek kinders om te sien. Ons het alles in ons vermoë gedoen om aan hul wense te voldoen, maar ons moet doen wat die beste vir Charlie is. Ons simpatie is by die ouers.”

Charlie se hartroerende storie het harte wêreldwyd aangeraak. Die Amerikaanse president, Donald Trump, en pous Franciskus het hulself vroeër vandeesmaand tot sosiale media gewend om ondersteuning vir sy saak te werf sodat die toestemming vir behandeling toegestaan word.

Sy ouers het nog geen kommentaar gelewer nie, maar sal na verwagting Saterdag ʼn mediakonferensie hou.

Charlie sou op 4 Augustus een jaar oud word.

Lees alle vorige berigte oor Charlie Gard op Maroela Media.

Chris Gard en Connie Yates buite die hof (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ada ·

Ai dit is so hartseer.Dit is jammer dat die hospitaal dit so moeilik vir die ouers gemaak het om kosbare tyd met hulle seuntjie te spandeer.

stella ·

Rus in vrede. mag dié hand wat geneem het die ouers ook troos. baie hartseer

Jay ·

Die hof en dokters het geen reg om ouers te sê wat om te doen in verband met hulle kind nie. As my kind siek was en daar is ‘n moontlike studie wat hom kan help sal ek alles doen om hom daar in te kry dis belaglik dat die hof en die dr die ouers vorseer het om hulle uitweg te kies. Verskriklik harsteer. Die dr het nie gehelp om daai kind te maak nie die ouers moes toegelaat word om enige hulp wat hulle kon vir hulle kind te kry. Harsteer wereld as mens nie eers meer self kan besluit wat die beste vir JOU eie kind is nie.

Cherokee ·

Jay, wees asseblief realisties in teenstelling met die skrywe van ‘n onkundige maar simpatieksoekende skrywe. Die hof en dokters beskik en besluit na gelang van kennis waaroor die ouers en jy nie beskik nie. Hoe op aarde kan dit ‘harsteer’ wees as die ouers nie oor die gemaklikmakende fasiliteite beskik wat tot die hospitaal se beskikking is. ‘vorseer = forseer.

Lillie ·

Ek het ook ‘n dogtertjie met ‘n mitochondriale afwyking gehad. Sy het geleef tot sewe jaar. Dit is ‘n genetiese afwyking en ongeneeslik. Die ouers is baie lief vir hul kind en wou hom nie laat gaan nie, maar hy was kunsmatig aan die lewe gehou, dit is ook nie reg nie.

Jay ·

Daar was ‘n studie in the US wat hulle wou doen wat hom moontlik kon help maar die dr het besluit nee en dis hoekom hulle hof toe is. As daar ‘n kans is dink jy nie enige ouer sal dit aangryp nie want ek sal.

Jay ·

@Cherokee Voor jy my spelling wil korrek (my foon se autocorrect doen dit aangesien ek tweetalig is en in die US bly) wil ek net vir jou se miskien moet jy my komentaar mooi lees ek praat nie oor die besluit dat hy moet sterf by ‘n plek wag die fasiliteite vir hom het nie. Genade dis natuurlik die ouers het nie alles by die huis om hom gemaklik te maak nie. Ek praat van die hof en drs se inmenging toe die kind ‘n studie behandeling kon ondergaan wat hom moontlik kon help mens weet nie maar oor die hof dit so uitgerek het, het die venster vir tyd verby gegaan en dis hoekom sy ouers besluit het om hulle te gee wat hulle wil he en hom te laat sterf. Ek volg die saak al van die begin af. Ek se nogsteeds dat as ek ‘n kans het om my seun te help al is dit 5% sal ek dit doen ek sal nooit opgee nie maar hierdie paartjie was vorseer om op te gee.

RIV CHarlie ·

RIV Charlie ek het die saak van die begin gevolg so vreeslik hartseer maar iemand moes ingryp en so bly ek hoef nie daai besluit te geneem het nie Charlie was eintlik lankal n engeltjie vasgevang in n bubbel wat deur sy ouers vasgevang was ek haal my hoed af vir hul fight maar dit was tyd God is in beheer en daarom het hy toegelaat dat n mens die besluit vir die ouers moes neem mag hy nou in vrede rus Amen RIV little Angel

Ada ·

Ek stem saam Jay – ek sal enige-iets doen om my kind te probeer help – nie soos wat die mense met hierdie seuntjie gedoen het nie. Ek hoop die ouers laat niemand van die hospitaal toe by die begrafnis nie. Baie tyd was onnodig gemors en die kind kon gehelp gewees het indien die hospitaal se bestuur net wou saamwerk. Hoop dit pla hulle die res van hulle lewens.

RIV CHarlie ·

Wat de he.. MM ek het gesien my comment was ge deliver maar wragtag as ek weer kyk dan het jul dit verwyder ek het niks lelik gesê nie wat is jul probleem met my al verskeie naam veranderings probeer maar elke keer doen julle dit is dit my e-pos adres wat jul geblok het:-(

Johann Marx ·

Ek gaan nou uit my beurt uit praat, want ek was nog nooit in so situasie nie, maar……waarom wil ‘n mens ‘n kleinding wat nie sy oë kan oopmaak, sy arms of bene kan beweeg, of self asemhaal nie, kunsmatig aan die lewe hou? Wat wil jy daardeur bereik? Moeilik soos wat dit is, gaan jy tog uiteindelik by die punt kom waar die ouers aan die einde van hulle lewe kom, en wie gaan dan na daardie kind kyk en hom versorg? En sou hierdie proses uitgerek word vir 20-30 jaar, wat gaan die kostes beloop? Weereens, om wat te bereik? Charlie is nou verlos van alles. Geen pyn, geen asemnood, geen aardse stryd nie….geen pype en naalde nie. Ek gun hom eerder dit…….as ‘n nuttelose, uitgerekte lewe met toe oë, onbeweeglike ledemate en 24/7/365 aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel. Die hartseer en die herinnerings mag hou vir die res van die ouers se lewe…..maar vir Charlie was die uitkoms ‘n redding.

Mickey ·

Ek praat uit die oogpunt van ‘n moeder wat na ‘n gestremde kind kyk. Iemand wat nie ondervinding van soiets het kan geen opinie lug nie. My kind kan praat – alhoewel hy nie kon teruggaan skool toe nie. Hy is vir alles van my afhanklik – insluitend sy liggaamsfunksies en is nou 27. Hy is ‘n groot man. Mense – dis ongelooflike harde werk. Ek doen dit met liefde want hy het darem nog lewensgehalte. Daardie kind sou nie soiets gehad het nie en die ma nog minder. Partykeer moet mens berus dat dot genade is.

Ada ·

Hi Johann – ek verstaan wat jy se – maar indien daar vroeer opgetree kon word met die nuwe behandeling kon die dingetjie nog geleef het met ‘n goeie lewe. Wie is ons om te besluit dat hy moes sterf – of liewer die hospitaal en die gereg? Hulle is nie God nie. Daar kon ‘n wonderwerk gebeur het – ons sal nie weet nie – dus was hulle verkeerd om dit te laat doen voel ek – indien dit ‘n persoon van 80 jaar oud is – stem ek saam met jou maar Charlie se lewetjie het nog voorgele. Dit het hier uitsluitlik gegaan om te wys wat se SE hulle het teenoor ‘n ouerpaar se kind. Hulle het ‘n veer gevoel.

LMF ·

Al wonderwerk wat hier kon en ek sê kon gebeur het met God se wil is dat Charlie op sy eie asem gehaal het wat toe nie gebeur het nie Laat God se wil geskied Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.